Saturday 25 January 2014

POST TOASTIES TERT


POST  TOASTIE TERT
Jeanne Van Zyl
Kors
Besluit of jy die tert ook in klein bakkies gaan maak of in een groot bak. Vir een groot bak (so 30 cm x 15 cm) het jy die volgende hoeveelhede nodig vir die kors:
3 koppies (750 ml) fyngedrukte Post Toasties (graanvlokkies)
1½ koppie (375 ml) gesmelte botter (Gebruik botter, dit maak ’n verskil.)
1 koppie (250 ml) suiker
1 teelepel (5 ml) fyn kaneel

Gooi die Post Toasties in ’n plastieksak en rol dit fyn met ’n koekroller. Voeg die gesmelte botter, suiker en kaneel by. Meng goed. Druk die mengsel in ’n bak – en wees maar geduldig, want die kante van die bak moet ook met die mengsel uitgevoer word. As jy klein bakkies gebruik, sal jy ongeveer 15 uitkry (die klein wit ramekin-bakkies).

Vulsel
4 koppies (1 liter) melk
4 eetlepels (60 ml) meel
2 koppies (500 ml) suiker
2 eetlepels (30 ml) botter
4 eiers, geskei

Gebruik ’n bietjie van die melk om die meel in ’n dun pasta aan te maak. Verhit die res van die melk tot kookpunt. Voeg die meelpasta, suiker en botter by. Roer aanhoudend. Die vulsel raak soos ’n dun witsous. Laat die mengsel afkoel voor jy die eiergele byvoeg. Klits die eiergele effens en voeg by wanneer die melkmengsel afgekoel het. Klits die eierwitte styf en vou by melkmengsel in. Gooi mengsel in bak of in klein bakkies en bak in voorafverhitte oond (160 °C) vir omtrent 45 minute. Die vulsel moet gestol wees. Sit warm voor – en glo my, dis die crème de la crème van alle warm nageregte.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/post-toasties-tert.html 

Elda Steyn Langenhoven
Post Toasties Tert (of poeding noem ek dit.)
Kors:
1/4 k margarien gesmelt,
1/4 k suiker,
1 koppie post toasties effens fyner gedruk en
1/2 tlp kaneel.
Meng alles saam en druk in tertbord.

Vulsel:
2 Eetlepels Maizena,
1/2 k suiker,
knippie sout,
geel van 3 eiers,
2 koppies melk,
bietjie vanilla,
1 eetlepel margarien.

Meng geel van eiers, maizena en suiker saam as te styf is voeg bietjie melk by. Verhit margarien en melk en wanneer amper kook voeg maizena mengsel by en kook tot verdik, voeg vanilla by en roer. Gooi op kors. Klits eierwitte met bietjie suiker styf en plaas bo-op. Plaas in matige oond tot effens verbruin. Hoop dit is dieselfde as wat jy soek. Ou resep van my skoonma.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/post-toasties-tert.html 

No comments:

Post a Comment