Thursday 30 January 2014

LEMOENKOEK

LEMOENKOEK: [Deur Huisgenoot Digitaal]
Genoeg vir 8-10 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 45 minute

BENODIG:
125 g ongesoute botter
15 ml (3 e) lemoenskil
250 ml (1 k) strooisuiker
3 eiers
500 ml (2 k) bruismeel
125 ml (½ k) maas

LEMOENSTROOP:
sap van 3 lemoene
30 ml (2 e) heuning
4 kardamompeule, gekneus


SO MAAK JY:
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan en voer dit met bakpapier uit.
2 Klits die botter, lemoenskil en suiker sowat 2 minute saam tot die mengsel dik en romerig is.
3 Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel en maas sagkens in tot net gemeng.
4 Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 45 minute of tot goudkleurig en ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word. Haal uit die oond, prik gate oral oor die bokant en laat koel af.
5 Lemoenstroop Laat prut die bestanddele in ’n klein kastrol tot die heuning opgelos het. Laat effens afkoel en giet dan oor die koek. Sit voor. - Hope Malau    
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/lemoenkoek.html

Lowna Schutte
LOWNA SE LEMOENKOEK 
As jy nou lus is vir 'n lemoenkoek, hier die perfekte een. Geen lemoenkleursel of kleursel in hierdie koek nie en is maklik en heerlik!

BESTANDDELE
3 Lemoene
4 eiers
1 k suiker
1/2 k olie
Knippie sout
1 k koekmeel
VERSIERSEL
Verpulpte lemoen
sout
versiersuiker

Jy maak so:
Kook 3 lemoen, net so heel, skil en al in water tot sag, nie pap nie....
Verwerk lemoene in voedselverwerker tot "pulp" (haal pitte vooraf uit, indien nodig)
In aparte bak, klits 4 eiers en koppie suiker tot dubbel in volume en lig in kleur.
Voeg halwe koppie olie by en sout na smaak.
Voeg van die verpulpte lemoen by (hou bietjie vir die versiersel)
Voeg nou koppie meel by en roer goed deur.
Bak vir 40min by 180C of tot gaar.

Maak versiersel van die verpulpte lemoen, bietjie sout en versiersuiker en skep oor.

WENKE:
Ek het hierdie koek al gemaak sonder om lemoene te kook ook...jy kry 'n grower tekstuur. Jy kan ook chocolate chips byvoeg vir choc-lemoenkoek. Glo my dit is heerlik en jy sal nie weer jou lemoenkoek op ander manier verkies nie. Geniet!    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/lemoenkoek.html

No comments:

Post a Comment