Thursday 30 January 2014

GLUTENVRYE WAFELS


GLUTENVRYE WAFELS MET ROOM EN HEUNING
Maak: 10
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

• 250 g (430 ml) glutenvrye meel
• 15 ml bakpoeier
• 15 ml suiker
• 350 ml melk
• 3 grooteiers, geskei
• 80 g (90 ml) gesmelte botter
• heuning of gouestroop om voor te sit
• dik room of vanieljeroomys om voorte sit

1  Meng die meel, bakpoeier, suiker en 5 ml sout saam in ’n grootbak. Maak ’n holte in die middel.
2  Meng die melk, eiergele en gesmelte botter goed saam.Gooi dit in die holte in die droë bestanddele en roer dit van die kan af in tot als goed gemeng is.
3  Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit dan by die beslag in. Gooi ’n bietjie van die beslag in ’n warm wafelpan en braai dit tot goudkleurig en gaar. Drup heuning of stroop oor en sit voor met dik room of roomys.
(Idees) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/glutenvrye-wafels.html

No comments:

Post a Comment