Thursday 30 January 2014

VARKVLEIS IN ROMERIGE MOSTERDSOUS


Varkvleis in ’n romerige mosterdsous

Dis vinnig, dis maklik en die meeste van die bestanddele het jy reeds in jou koskas.

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

• 30 ml botter
• 1 ui, in die helfte en dan dun gesny
• 400 g varkvleis, in roerbraai-repiesgesny
• 30 ml mielieblom
• 250 ml melk
• 30 ml korrelmosterd
• 10 ml Engelsemosterd
• 5 ml varstiemie (of 2 ml gedroog)
• gaar pasta of gnocchi, om voor te sit
• groente, om voor te sit

1 Smelt die botter en soteer die ui. Voeg die varkvleisrepe by en braai dit bruin.
2 Meng die mielieblom met ’n bietjie melk om ’n pasta tevorm. Gooi die mosterd, tiemie en origemelk in die kastrol en verhit dit tot dit begin prut. Roer die mielieblompasta by en hou aan met roer tot die sous verdik. Gooi dit oor die gaar pasta of gnocchi en roer dit deur om dit te bedek. Sit dit voor saam met groente.
(Idees) http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/varkvleis-in-romerige-mosterdsous.html

No comments:

Post a Comment