Thursday 16 January 2014

MEXIKAANSE SLAAI


Mexikaanse slaai - Heerlike somerslaai ideaal by braaivleis.
(van Heleen Meyer gekry)

1 x 340 g blik heelpitmielies, gedreineer
1 x 400 g blik rooi nierboontjies, gedreineer
1 x 400 g. blik botterbone
150 g kersietamaties, gehalveer
2 sprietuie, in dun skyfies gesny
2 ringe fettakaas, in blokkies gesny
1/2 komkommer, in blokkies gesny
Vars koljanderblare, na smaak (so 30 blare)
Vars kruisementblare, na smaak
1 Avokadopeer (opsioneel)

Slaaisous:
4 e. olyfolie
2 e. suurlemoensap
1 e. rooiwynasyn
1 t. gemaalde komyn
1/2 t. gemaalde koljander
2 e. elk gekapte koljaner- en kruisementblare
Sout en peper na smaak

Meng al die slaaibestanddele, behalwe die kruie, in 'n mengbak.
Slaaisous: Meng al die bestanddele saam en geur na smaak.
Roer die kruie deur die slaai net voor dit voorgesit word. Giet die helfte van die slaaisous oor en meng goed deur.

Indien kan verkies kan grof gebreekte Nachos oor die slaai gestrooi word. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/mexikaanse-slaai.html

No comments:

Post a Comment