Saturday, 4 January 2014

PAMPOEN POFFERTJIES MET KARAMELSOUS


Pampoen Poffertjies in Karamelsous
Poffertjies

1k gaarpampoen
1k meel
2 t bakpoeier
2 e strooisuiker
1eier
¼ k melk
knippiesout
canola-olie, vir braai

Karamelsous
¾ k suiker
1 k room
1t vanieljegeursel
3 e botter
½ k goue stroop
Vir die poffertjies, meng al die bestanddele om ‘n gladde deeg te vorm.
Verhit die olie en braai lepelsvol van die beslag tot goudbruin en gaar.
Haal uit met ‘n gaatjies lepel en dreineer op kombuispapier.
Vir die karamelsous, prut al die bestanddele 10 – 15 minute saam totdat die sous dik en blink is. Giet die sous oor die poffertjies en bedien.*Pasella* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/pampoen-poffertjies-met-karamelsous.html

No comments:

Post a Comment