Friday 3 January 2014

CALAMARI STEAKS IN SOETRISSIE SOUS





                                                                                                              

CALAMARI STEAKS IN SOETRISSIE SOUS


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/calamari-steaks-in-soetrissie-sous.html
4 Calamari-steaks, sowat 250g elk
10 ml vars kruie soos dragon, tiemie of origanum
60 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
250 ml droë witwyn
250 ml soet brandrissiesous
8 knoffelhuisies, gekneus
2 druppels tobascosous
sap en skil van 2 vars suurlemoene
ekstra vars kruie vir garnering
Maak insnydings kruis en dwars oor elke steak en plaas in bak.
 Meng die helfte van die olie, die helfte van witwyn, al die knoffel, suurlemoensap- en skil, kruie, sout en peper.
Giet oor steaks en laat staan vir sowat 20 minute.
Verhit die res van die olie in kastrol en braai steaks sowat 3 minute aan elke kant tot dit net wit en nie meer glasig is nie.
Moenie te lank gaarmaak nie.
Skep die steaks uit en hou eenkant.
Giet die res van die wyn en die brandrissie-en tabascosous in kastrol.
Laat sous sowat 3 minute prut.
Skep steaks terug in kastrol en laat prut tot net warm.
Garneer met ekstra kruie en sit voor met gebraaide aartappels en slaai. *Sanchen Grobler*
  Foto>Helena Kruger   

 



No comments:

Post a Comment