Friday 3 January 2014

MOSSELKARDOESIE PASTEI

                                                               Foto>Pacificsandiego
MOSSELKARDOESIE PASTEI
75g botter
4 fyn knoffeltoontjies
25ml fyn, gemengde vars kruie
'n halwe suurlemoen se sap
250g gaar, gedopte mossels
100g blaardeeg (puff pastry)
1 geklopte eier
sout en swartpeper
'n Franse brood
Voorverhit jou oond tot 200C.
Plaas die botter, knoffel, kruie en suurlemoensap in 'n voedselverwerker.
Geur met die sout en peper en woer die lot vir tien sekondes.
Skraap teen die kante af en woer weer vir tien sekondes of tot als lekker glad is.
Verdeel die mossels in vier oondvaste bakkies (ramekins) en lepel die bottermengsel daaroor.
Rol die deeg mooi dun uit en sny in sirkels so groot soos die bakkies.
Verf die lippe van elke bakkie met 'n bietjie eier en druk die deeg daarop vas.
Sny 'n luggaatjie in die middel, versier alles met patrone gesny uit die afvaldeeg, en verf met die res van die eier.
Bak tien tot vyftien minute lank tot die kors goudbruin gerys het* Carol Elliott Claassen* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/mosselkardoesie-pastei.html



No comments:

Post a Comment