Tuesday 14 January 2014

STROMBOLI PIZZAROL


STROMBOLI PIZZAROL
RSG
Porsies: 4

1 sakkie brooddeeg (kry by naaste supermark)
1 pakkie spinasie
1 koppie mozarella, gerasper
1 koppie ricotta
4 knoffeltoontjies, fyngemaak
sout
sesamsaad


Stel oond op 210 grade Celsius.
Druk die deeg uit op die tafel met jou hande en sny in twee dele.
Laat staan.
Braai knoffel in pan vir nie langer nie as 30 sekondes.
Voeg spinasie  en sout na smaak by.
Voeg die twee kase by.
Meng dit en smeer dit oor die deeg.
Rol of vou elke stuk deeg toe.
Plaas in oond vir 5 minute, haal uit, smeer met melk en eier en strooi sesamsaad oor.
Bak vir 'n verdere 7 minute.
Bedien met slaai.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/stromboli-pizzarol.html

No comments:

Post a Comment