Tuesday 14 January 2014

HOENDER BURGER



HOENDER BURGER


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/hoender-burger.html
*Helena se resep*
Pattie*
4 hoender borsies gemaal
1 med. Uie gekap
½ k Rooi soetrissies gekap
1 blaar Spinasie fyngekap[ opts]
1 eier
¾  k Vars broodkrummels
sout en peper
¼ t Gerookte Paprika
¼ t Tiemie [nie te veel nie as jy wil]
¼ t Hoenderspeserye
Meng alles lekker deur en maak jou Patties*Plaas in die yskas vir 30min. om lekker te set*
Braai in n pan in botter of olyfolie maar moenie te veel omdraai nie ..jy wil dit lekker *crispy he*
Maak jou Burger en eet lekker N.S>Volg die fotos om die pattie te maak en jou hande is silwer skoon
>So n bietjie heuning gemeng met mayonnaise en bietjie heelkorrel- mosterd is heerlik daarby..of enige sousie wat jy wil opgooi*Helena Kruger 14/1/14>4 porsies..

 

 

 

 



*********************************************************************************




                                                    FOTO >HELENA KRUGER *22/04/2016

THERON’S SE GESONDE HOENDERBURGERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/hoender-burger.html

*My verwerking Helena Kruger*
HOENDERBORSIES

5 ml (1 t) borrie
5 ml (1 t) kerriepoeier
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
80 ml (¹/³ k) meel
sout en gemaalde swartpeper
1 rissie, fyn gekap (opsioneel)
30 ml (2 e) koljanderblare, gekap [hier het ek Pietersielie bygevoeg]
4 hoenderborsies, sonder vel en been
olie vir vlakbraai

TZATZIKI
1 klein komkommer, gerasper [en die water bietjie uitgedruk]
250 ml (1 k) natuurlike jogurt [Hier het ek Mayo gebruik]
4 knoffelhuisies, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper
1 t Suiker bygevoeg [vir die mayo se suur]
BURGERS
4 broodrolletjies
blaarslaai
tamatieskywe
avokadoskywe
1. HOENDERBORSIES
Meng al die bestanddele en rol die hoenderborsies in die mengsel.
2. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot gaar en goudbruin.
3. TZATZIKI
Rasper die komkommer en roer die jogurt, knoffel, sout en peper by.[Laat dit ten minste 10min bietjie trou]
4. BURGERS
Sny die broodrolletjies in die helfte deur en pak die blaarslaai, tamatie, avokadoskywe en hoenderborsies op die broodjie.
5. Skep die tzatziki oor die hoender en sit voor saam met mengelslaai.
**Theron's Meat Products**Fotos *Helena Kruger*22/04/2016

                                                      HOENDERBORSIES


                                                                  HOENDERBURGER
 

                                                           
                                                                   TZATZIKI

No comments:

Post a Comment