Tuesday 14 January 2014

GEBRAAIDE SKAAPLEWER MET UIE

GEBRAAIDE SKAAPLEWER MET UIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gebraaide-skaaplewer-met-uie.html
1 Skaaplewer mooi skoongemaak en in plat skywe gesny
2 uie in ringe gesny
sout en peper
Meelblom [gegeur]
Maak jou skywe droog en rol in jou gegeurde meelblom
Gooi bietjie olie en 1t botter in jou pan en braai n paar stukkies lewer op n slag en skep uit[moenie te veel braai nie] tot almal gaar is
Braai jou uie in dieselfde pan tot mooi glanserig
Voeg jou lewer by en gooi 1t asyn en 2t Sweet Chillie sous by en roerbrai vir 2min.>>As jy n langer sousie wil he gooi net so n klein bietjie water by *Whalla**Bedien op lekker Fyn aartappels Heerlik verby
Moenie jou lewer te oorgaarmaak nie dit word kliphard**Helena Kruger14/1/14*

Het weer n slag Lewer en suursousie gemaak>Helena Kruger*24/11/2015


 




OUMA LIENA SE LEWER MET SUURSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/gebraaide-skaaplewer-met-uie.html
Ouma Liena se lewer met suursous verskyn tot vandag nog in verskillende variasies op Bistro13 se spyskaart. Dis ook opgeneem in die Kokkedoor 1 kookboek, as die resep wat vir Nic onthoukos simboliseer. (Bistro13 is op Welmoed, Stellenbosch.)  
Lewer 
  • 500g skaap of beeslewer
  • Sout en peper
  • Olie vir braai
Sous 
  •  3 groot uie
  • Botter vir braai
  •  Olie vir braai
  • 1/2 koppie suiker
  •  100ml bruinasyn (Nic verkies sjerrieasyn)
  •  Skoot Worcestersous
Metode:
Sny die lewer in dun repies, geur met sout en peper en braai dan in ’n warm pan tot bruin aan alle kante. Haal uit die pan en laat eenkant rus totdat die sous klaar is. Probeer die versoeking te weerstaan om nie te pik aan die lewer nie.
Die sous is baie eenvoudig, soos Ouma se kos was. Sny die uie in dun skywe en braai dit stadig in botter en olie tot lekker sag en bruin. Voeg die asyn en suiker by. Trek die sout en peper nader en gooi ’n skoot Worcestersous by. Nou gaan die lewer terug in die sous tot deurwarm. Die lewer moet gaar wees en nie meer pienk nie. Bedien dit met ertjies waarvan die helfte fyngedruk is en die ander helfte heel gehou word….huiskok*14/07/2015

No comments:

Post a Comment