Friday 28 February 2014

BECHAMEL OF WITSOUS



WITSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html
¾ koppie koekmeel
1.5 l warm melk
5 eetlepels botter {NIE MARGARIEN}
Knippie sout
1 ml droë mosterd of 5 ml aangemaakte mosterd
1 koppie gerasperde cheddar
Parmesan kaaspoeier na smaak

METODE
Roer botter, meel en melk saam oor matige hitte tot geen klonte. Geur met sout en peper en kook tot witsous dik is. Roer die mosterd en helfte kaas by.


Meng macaroni, en biltong/uie mengsel deur, Skep helfte in gesmeer oonbak van 18 x26 cm skep helfte van witsous oor. Volg met laaste helfte en gooi witsous oor. Sprinkel kaas en en parmesan poeier oor ek bak ongeveer 20 minute tot kaas goudbruin is.



BéCHAMEL / WITSOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html
Hierdie is 'n klassieke witsous
Dit word gemaak deur melk by te roer by ’n mengsel van botter en meel, wat die Franse ’n roux noem. Die dikte van die sous word bepaal deur die verhouding van meel en botter tot melk.
Maak: 250 ml
Bereidingstyd: 10 minute
Kooktyd: omtrent 25 minute

BESTANDDELE
250 ml melk
’n skyf ui
lourierblaar
4 heel peperkorrels
30 ml botter
30 ml meel

METODE:
Gooi die melk, ui, lourierblaar en peperkorrels in ’n kastrol en verhit dit stadig. Haal dit van die plaat af wanneer dit begin prut en sit dit vir 10 minute eenkant sodat die geure kan trek.
Verhit die botter in ’n kastrol tot dit smelt en roer dan die meel in. Verhit dit oor matige hitte, tot die mengsel begin skuim. Haal dit van die plaat af en laat dit effens afkoel.
Gooi die warm melkmengsel deur ’n sif en klits dan ’n bietjie van die melk by die botter-en meelmengsel in. Klits die mengsel goed en gooi nog ’n bietjie melk by. Hou so aan tot jy al die melk bygeklits het.
Sit die kastrol terug op die plaat. Roer die sous die heeltyd met ’n houtlepel, tot dit verdik.
Geur die sous met sout en varsgemaalde swartpeper en ’n knippie neutmuskaat, as jy wil. Laat vir twee minute prut en haal van die plaat af.
Na gelang van hoe jy die sous gaan gebruik, moet jy die hoeveelheid meel en botter aanpas om ’n dun, medium of dik sous te maak:


Vir ’n dun béchamel: 15 ml botter en 15 ml meel
Dik béchamel: 45 ml botter en 45 ml meel

WAARVOOR GEBRUIK JY DIT?
• Dun béchamel-sous word gebruik as ’n basis vir sop en ander souse.
• Medium béchamel word as sous bedien saam met hoender, vis, groente, pasta of eiers.
• Dik béchamel word gebruik om geregte te bind, byvoorbeeld in Hollandse krokette.

VARIASIES:
Kaassous as jy wil, hoef jy nie die melk vooraf met geurmiddels te laat trek nie. Voeg omtrent 20 g gerasperde parmesaan of gruyère of 50 g gerasperde beleë cheddar by die gaar sous.
Roomsous
Voeg 60 ml room by die gaar sous en laat dit vir 3-5 minute prut.
Sampioensous Voeg 60 g dungesnyde gaar sampioene by die gaar sous.
Idees / Kos en Onthaal 


Marize van Rensburg

WITSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html
Ons cheat so bietjie.

250ml room
1/2k parmesan gerasper
100ml danish feta
1E melrose
3draaie growwe peper
1E maizina gemeng in blikkie vd room met water

Bring room tot kookpunt dan roer ek die parmesan in en krummel danish in. Roer die melrose in en peper. Roer tot glad. Heel laaste mazina en water.
Nou bietjie hitte vir 3min sodat smaak reg is.
My dogter hou daarvan om te help en dis eenvoudiger as n roux. So hierdie is Nisci se sous.
een koppie melk, 
een eetlepel meel 
een eetlepel marg. 

Klop met 'n draadklopper, mikrogolf op hoog, klop elke minuut tot dit dik is. Ek vervang 'n eetlepel meel met twee eetlepels hoenderroom-soppoeier vir 'n heerlike smaak, en gooi ook bietjie van Ina Paarman se suurlemoen- en pepergeursel by. Los dan die sout uit. 


WITSOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html
120 ml (½ k) botter
160 ml koekmeel
1 liter (4 k) melk
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
BRAAI die botter liggies in 'n kastrol. Die braai gee die smaak! Roer die meel by en wanneer die meel dan gaar is, gooi jy bietjies bietjies warm melk daarby en klop elke keer eers goed totdat die mengsel glad is voordat jy weer melk by gooi. Knippie sout ook daarby 
Roer nou die kaas by.
WENK
( en my geheim. . ek gooi so klein bietjie knoffel, dit is nou die droee een in die botteljie daarby)    


OUTYDSE KAAS OF WITSOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html
Genoeg vir 6 porsies
Jy het nodig
.2e botter
.2e meel
.3k warm melk
.1k gerasperde 12 maande beleë cheddar
.2t mosterd
.neutmuskaat, sout en peper na smaak

NB: VIR WITSOUS LAAT DIE KAAS UIT!!!

Metode
Berei die kaas of witsous: Smelt die botter, gooi meel by en voeg die helfte van die warm melk by. Roer of klits totdat dit sonder klonte en verdik is.
Voeg die helfte van die kaas by, dan die mosterd, en geur met neutmuskaat, sout en peper. 


Christo Botha

Ek het die resep by my skoonsuster gekry (ja dames, ek is die chef in die huis) vir 'n veelsydige witsous. 

WITSOUS MET SOPPOEIER
500ml melk
250ml Room
Cheddar kaas

Meng een pakkie sampioen soppoeier saam met 500 ml melk in 'n plastiek mengbak. Sit in die mikrogolf op hoog vir 10 minute. Na elke 2 minute, maak die mikrogolf oop en meng inhoud met 'n wisk. So om en by 5 minute voeg jy 250ml room by en meng. hou aan tot 10 minute verstreke is. Gooi +- 2 hande vol gereasperde cheddar kaas in die sous en meng goed. Die sous moet so ligte geel kleur hê dan weet jy hy is reg. Dit is baie sous as jou gesin klein is, maar ek het al 3 keer aan eenkeer se sous geëet. Eerste keer oor 'n rumpsteak, die volgende oggend oor Ommelette en die daar opvolgende aand het ek ontbeende hoender dye daarin gebak.


HARDUS SE GROOTMAAT WITSOUS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/bechamel-of-witsous.html   
Hardus Potgieter
Maak 'n Bechamel(basiese wit sous).
1 blok botter.  500g
2 lt melk.
3 koppies meel.
Metode;
Maak die Roux ( smelt die botter in 'n kastrol en voeg dan die meel by tot hy 'n roux maak) voeg dan die melk stadig by en klits aanhoudend todat hy lekker dik is (voeg nog melk by as hy te dik is) laat op hitte vir 'n rukkie todat die meel uitgekook is voeg sout en Peper by tot smaak, daar is 'n witsous, voeg kaas by as julle 'n kaas sous wil maak (hoop dit werk en hys lekker)

No comments:

Post a Comment