Saturday 1 March 2014

BROWNIES MET KOOKOLIE



BROWNIES

200 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
½ koppie kookolie
1 koppie bruinsuiker
2 eiers
1 teelepel vanieljegeursel
½ koppie bruismeel
¼ koppie kakao
100 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap (jy kan ook okkerneute gebruik)
¼ koppie sjokoladesplinters (choc chips)


Só maak jy
Stook die warmplek.
Smeer ’n koekpan van 20 x 20 cm en stel solank die oond op 180 °C.
Die weerstand smelt… Smelt die sjokolade in ’n glasbak oor warm water – moenie dit oor direkte hitte smelt nie, anders raak die sjokolade krummelrig. (Jy kan dit ook in ’n  mikrogolfoond smelt, maar hou jou oog daarop). Klits die olie, bruinsuiker, eiers en vanieljegeursel in ’n aparte bakkie saam.
Lek jou vingers af. Roer die gesmelte sjokolade by die eiermengsel en klop dit tot glad en blink. Sif die bruismeel en kakao en vou dit by die sjokolademengsel in.
Nie ryk genoeg nie? Roer die gekapte neute en sjokoladesplinters by en gooi die beslag in die gesmeerde koekpan. Bak dit vir 30-45 minute of totdat dit ferm en bros bo-op is. Laat die brownies in die pan afkoel voordat jy dit in blokkies sny.
Bron: Weg
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/brownies-met-kookolie.html

No comments:

Post a Comment