COLYN SE POLKA DOT CHEESE CAKE
1x 250 gr - Roomkaas by kamer temperatuur.
1kg Youghurt. - Hier kan jy regtig jou smaak laat geld. Pas net op vir die
wat heel stukke vrugte in het want die storie moet ernstig geklits word en dan
word die vrugte verpulp ... huh dis nou 'n groot word ... maar wat gebeur is
die vrugte verdwyn en as daar baie van is, gaan dit jou yoghurt waterig maak.
Ek hou van die grennadella een.
2x pakkies gewone jellie. - Hier moet jy iets kies wat saam met jou
yoghurt gaan werk. Dis nie 'n goeie plan om aarbei jellie saam met grenadella
yoghurt te gebruik nie of rasberry saam met karamel yoghurt. Kan kan selfs
250 gr roomkaas insit en selfs
1 blikkie kondensmelk byvoeg.
Die 2 pakkies jellie sal dit kan hanteer. As jy groter wil gaan sal jy die
jellie moet meer maak anders gaan jy stol probleme optel.
Kom ons vat saam.
1. Koekies vir die kors (onthou die botter of margerien)
2. Gepaste bak of bakke
3. Roomkaas
4. Yoghurt
5. Jellie
6. Kondensmelk
Dis wat jy nodig het.
Kors
Die reël vir Tennis beskuitjies of ander droeë beskuitjies is so 2:1 ... 2
Krummels en 1 botter. Met klapper of crunchie koekies kan jy die botter tot met
die helfte verminder.
Met die vulsel is daar soos die geleerdes sê, so paar "PRESSURE
POINTS". Hanteer die punte reg en jy is oor die hond se rug. Dis baie
belangrik dat die roomkaas en die yoghurt goed gemeng word. As jy dit nie
deeglik doen nie dan gaan jy kaas
krummels in die vulsel kry en ek dink dis nie reg nie. Maar nouja dis ook nie
doodsake nie.
Tweede ding wat belangrik is dat jy die jellie reg hanteer. Moenie die
jellie aanmaak voor jy nie 100% tevrede is met jou yoghurt en kaas mengsel nie.
Sodra die kaas mengsel reg is, maak die jellie aan. Jy gooi albei pakkies in 'n
bakkie en dan gooi jy een koppie kook water op dit.
Klits dit baie vinnig dat die suiker oplos. Hier moet jy wakker wees,
klits en sodra dit reg is gooi jy dit in die roomkaas mengsel en laat die
menger dadelik weer loop. Jy moet die jellie so vinnig as moontlik goed in die
mengsel versprei. As jy dit nie doen nie kan jy sulke stukkies jellie in die
vulsel kry en dis ook nie lekker nie.
Sodra die jellie goed ingemeng is kan jy effens ontspan. Nou is die tyd
waar jy verdere veranderings kan maak soos bv. gekapte glansvrugte of neute of
nougat by te meng. Pasop net op vir vars of ingemaakte vrugte wat baie waterig
is, want dit kan jou mensel se stol negatief beinvloed. Iets wat lekker kan
wees is peppermint crisp splinters of chocolate chips. Doen die byvoeging met
die hand en nie met die masjien nie.
Gooi nou die vulsel in jou kors bakke in en stamp dit liggies om
lugblasies uit te dryf. Dis belangrik om te weet dat jou yoghurt gaan bepaal
hoe styf of slap die mengsel op hierdie stadium is. Ek het al gevalle gehad
waar ek die vulsel met 'n spatel gelyk moes maak.
Vir die polka dots gebruik ek grenadella moes. Ek gebruik 'n teelepel en laat
die druppels op die mengsel val.
Nou yskas toe. Verkieslik oornag.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/colyn-se-polka-dot-kaaskoek.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/colyn-se-polka-dot-kaaskoek.html
No comments:
Post a Comment