Tuesday 25 February 2014

FILLET STEAK FLAMBE



Fillet Steak Flambe

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/fillet-steak-flambe.html
* Olyf Olie
* 3 tot 6 medaljes fillet
* Tamatie / Greenpepper / Uie sousie vooraf gaargemaak, opgewarm op bystand
* 1.5 sopie maat Brandewyn
* 1 sopie maat Port of Soetwyn
* sout / peper / braai speserye na smaak.

Vooraf:

* Maak 'n tamatie sousie soos bo genoem, of uit 'n blikkie.
* Berei jou borde voor met die by kosse. As die vleisie reg is, kan jy dit net opskep en aansit. Gebruil verkieslik 'n gasplaat.

Druk die fillet met jou palm teen 'n bree mes se lem effens plat en braai dit in 'n lekker warm pan (verkieslik 'n dikboom pan om hitte te behou) tot dit lekker verseel is en begin bruin braai. Skep so eetlepel tamatie sous oor elke steak en draai so paar keer. Sit sout of speserye oor na smaak. Sodra die sous in die pan begin droog braai, neem jy die pan aan sy handvatsel en lug dit op van die vuur, maar nog oor die vlam. Gooi met ander hand die brandeyn vinnig oor sonder om dit verby die pan te laat mors; 'n vinnige slinger beweging tjorts al die brandewyn in 'n sirkel oor die vleis. Kantel die pan effens skeef na die vlamme toe en die geskiet van die olie en brandewyn laat die alkohol verdamp en dit vat maklik vlam. Skud die pan effens in 'n meng beweging totdat die vlam uitgebrand is. Tjorts nou die port / soetwyn oor en roer / braai / draai so klein rukkie, of 20 sekondes of so.

Skep nou die steaks in die borde oor en gooi die pansous oor die vleis. Daarsy!
Geniet!!
James van Rensburg

No comments:

Post a Comment