Tuesday 25 February 2014

LIESROL / SKAAP


LIESROL

Neem `n lamsrib met liesvel aan en ontbeen. Lê die vleis plat op die tafel neer en smeer dit met heel appelkooskonfyt. Die ribbetjie word dan styf opgerol en vasgebind. Dit smaak heerlik as dit eers in `n kerriesous gemarineer word.



KERRIESOUS:

Braai 2 gekapte uie en 2 huisies knoffel, goed gekneus in olie.
Voeg 1 eetl kerriepoeier,
2tl sout,
1tl peper,
`n knypie gemmer en
kaneel by.
Voeg `n bottel droë witwyn by en laat `n paar min kook.

Laat afkoel. Plaas die vleis in `n erdeskottel en gooi die sous oor. Laat oornag in `n koel plek staan. Bak die vleis die volgende dag in `n koel oond. ( 140 C ) Tot sag. Gebruik die kerriemarinade om sous mee te maak.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/liesrol-skaap.html 


Marlien de Ridder 
LIESLAP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/liesrol-skaap.html
Ek het altyd die lieslappe opgesny en saam gemaal vir maalvleis, tot ek hierdie resep gekry het....Sit dit plat neer en gooi suurlemoensap en worshestire sous oor, vryf beide kante in met growwe sout, swart peper en koljander. Rol op en bind vas met toutjies. Maak toe in foelie en bak so 3 ure op 160 grade. Maak oop en rooster beide kante onder jou element of oor kole tot crispy. HEERLIK!

No comments:

Post a Comment