Saturday 22 February 2014

FOCACCIA BROOD TUISGEMAAK

TUISGEMAAKTE FOCACCIA
500g koekmeel
1 pakkie kitsgis [10g]
5ml sout [1t]
80ml olyfolie
350ml louwater[+-]
Olyfolie om bo-oor te smeer
Voorverhit jou oond tot 180*C
Meng koekmeel, gis en sout saam
Meng olyfolie en louwater saam
Voeg die meeste van die louwatermengsel by jou droe bestanddele en meng tot n ferm deeg
Voeg nog bietjie water by indien nodig.
Knie nou tot jou deeg elasties is, dit moet nie klewerig wees nie
Plaas jou deeg in n gesmeerde bak en bedek dit met plastiek en laat dit op n lekker warm plekkie rys tot dubbel sy volume[30-40min]
Vorm 2 ronde plat brode met jou hande of met jou rolstok en druk met jou vingerpunte sulke gaatjies[ nie deur die deeg nie..merke] op jou deeg en plaas dit op jou gesmeerde bakplaat
Smeer nou jou ander olyfolie oor en sprinkel growwe sout  lekker oor die deeg
Laat jou brode nou eers weer staan vir so 10min. om bietjie te rys en bak hulle dan vir 20min. tot mooi bo-op
Bedien met Fetakaas, Pesto, Sondroog Tamatiepesto,lekker Biltongskyfies en ietsie groen soos Roketblare..Jy kan dan ook bietjie olyfolie oor drizzel as jy wil>*Helena Kruger*22/2/14* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/focaccia-brood-tuisgemaak.html

No comments:

Post a Comment