Saturday 22 February 2014

SUPER 15 MIELIEPAP


SUPER  15 MIELIEPAP
Porsies: 6 - 8

6 koppies (1.5 liter) water
1 eetlepel (15 ml) sout
3 koppies (750 ml) mieliemeel
1 x 410 g blikkie geroomde mielies
5 tiemie takkies
1 eetlepel olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 koppie sampioene, in skywe gesny
1 x 410g blikkie gekapte tamaties
sout en gemaalde swartpeper
1 koppie fyn gekerfde biltong
1 koppie gerasperde Cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200°C.
Bring die water tot kookpunt in 'n kastrol.
Roer die sout en mieliemeel by en prut tot gaar.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die uie, knoffel en sampioene tot gaar.
Voeg die gekapte tamaties by en prut vir 5 minute.
Roer die mielies en tiemie by die mieliepap en skep die helfte van die mieliepap in ‘n ±30cm x 25cm bak.
Giet die tamatiemengsel oor die pap en geur met sout en swartpeper.
Skep die res van die pap daarop en sprinkel die biltong en kaas bo-oor.
Bak vir 5 - 10 minute tot die kaas gesmelt het.
Program: Brêkfis met Derrich
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/super-15-mieliepap.html

No comments:

Post a Comment