Friday, 7 February 2014

GROOTMAAT NAGEREGTE



 Riglyne vir grootmaat nagereg
Roomys alleen – 9 mense per liter - 5 liter vir 50mense
Roomys saam met ander nagereg – 12 per liter - 3 liter vir 50 mense
Vla – 20 mense per liter - 2.5 liter vir 50 mense
Vrugteslaai – 7 mense per liter - 6 liter vir 50 mense
Koekstriuf – 6 mense per liter - 8 liter vir 50 mense
Jelliepoeier – 60 mense per kg - 800g vir 50 mense
Jellie – 10 mense per liter - 5 liter vir 50 mense
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html


ROLPOEDING
(50 PORSIES)
12 kp meelblom
1 ½ eetl sout
2 eet bakpoeier
1 ½ kp botter of margarine gesmelt
6 eiers geklits
1 liter vloeistof – melk of water
3 1/3 kp fyn konfyt
3 liter kookwater
2 ¼ kp suiker
Metode:
Meng die droë bestandele. Meng die botter, eiers en 1 lter vloeistof Voeg die eiermengsel by die droë bestandele. Die deeg moet nie te styf wees nie. Rol ongeveer 6mm dik uit en sny in bloke van 30cm x 22 cm. Seer met konfyt en rol op. Sit in bakpanne. Meng 3 liter kookwater en suiker en gooi kokend oor die opgerolde deeg. Bak ongeveer 1 uur lank in ‘n warm ond. As rolle dunners is, sal dit gouer gar bak. Dien op met vla wat nie te soet is nie.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html


PIESANGNAGEREG
(50 PORSIES)
35 piesangs
2 ¼ kp suiker
9 pakkies jellie
4 ½ liter kookwater
15 eiers geskei
Metode:
Maak piesangs fyn. Verhit piesangs met suiker en eiergele tot mengsel dik is. Los jellie in kookwater op en voeg by die piesangs. Laat mengsel afkoel, en laat effens styf word. Klits eierwitte styf, klits die twee mengsels saam. Laat styf word, bedien met vla.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html



DADELPOEDING IN ‘N OONDPAN
(Heerlik)
500g fyngesnyde dadels
2 kp kookwater
2 teel. Koeksoda
1 ½ kp suiker
2 eetl botter
2 eiers geklits
2 k bruismeel
Knipie sout
Metode:
Los die koeksoda in die kookwater op en gooi oor die gesnyde dadels. Hou eenkant.
Room die botter en suiker en voeg die geklitste eiers by. Meng goed
Sif die droe bestandele saam en voeg by die eiermengsel
Voeg die dadels by en meng baie goed. Gooi in ‘n voorbereide oondpan en bak by 180°C vir 1 uur. Sny die poeding in blokkies en gooi die volgende stroop oor.

SOUS
2 ½ kp suiker
1 ½ kp water
2 teel vanilla
2 eetl botter
½ kp brandewyn
Kook alles behalwe die brandewyn saam, voeg die brandewyn by en gooi die warm stroop oor die poeding. Bedien saam met vla of roomys.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html


Koekstruif
Porsies                      10      20       30      50      100
Rolkoek                      1       2         3        5       10
Dik vla                   500ml     1 L    1,5 L   2,5 L     5 L
Rooi jellie[pakkie]         1       2         2        3        6
Groen jellie[pakkie]      1        2         2        3        6
Gekapte grondbone 40 g     80 g   100 g  200 g  400g
Ingemaakte vrugte met stroop [410g] 1 2 3 5 10
Maak 'n dag vooruit.
Maak jellie volgens aanwysings
Bak rolkoek en laat afkoel
Rene Wessels

DIK VLA:
100ml vlapoeier
75 ml suiker
250ml melkpoeier per 1 L water
Laat afkoel
Roer jellie met vurk in stukkies
Sny rolkoek in skyfies
Skep dit nou in lae: rolkoek;vrugte met stroop; vla; elk van die jellies
Herhaal tot opgebruik
Versier met neuter;vrugte en room , as beskikbaar.
Hou koel in yskas tot bedien."Kareehof Koshuis"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html


JAN ELLIS POEDING   
90 porsies
Beslag:
1 kg suiker
500 g margerien
20 eiers
500 ml appelkooskonfyt
50 ml koeksoda
50 ml bakpoeier1,8 kg [15x250ml] koekmeelblom
Sout
melk
Sous:
3,75 l kook water
3, 75 l melk
2 kg [10 x 250 ml] suiker
500 g margerien
50 ml vanilla
Kook die bestandele van die sous saam. Gooi in bake.
Room die margerien en suiker. Voeg die eiers geleidelik by en daarna die konfyt
Meng die koeksoda met 'n bietjie melk en voeg dit by die eiermengsel
Vou die droë bestandele en genoeg melk om 'n drupbeslag te vorm
Skep sous in en bak vir 30 minute by ongeveer 180° C.
{Resep dui ongelukkig nie bak grootte aan}"- Kareehof Resepte"Rene Wessels 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html

SOUTH AFRICAN MALVAPOEDING
( 100 Servings )
20 tablespoons butter
10 teaspoons white vinegar
5 cups milk
10 cups superfine sugar
20 eggs
10 tablespoons apricot jam
13 1/3 cups cake flour
10 teaspoons baking soda
10 pinches salt
Sauce
10 cups heavy cream
5 cups butter
5 cups white sugar
5 cups water or 5 cups orange juice or 5 cups sherry wine
Preheat oven to 180 degrees.
In a small pan over low heat, melt 2 tablespoons butter or margarine together with vinegar and milk.Remove from heat, and set aside.Sift flour, baking soda, and salt together into a separate bowl.Beat 1 cup sugar and eggs with an electric mixer on high speed until fluffy and light colored, about 5 minutes.Gradually mix in the apricot jam.Fold the dry ingredients into the egg mixture alternately with warmed milk mixture using a spatula.Pour batter into a greased, 1 quart oven-proof baking dish.Bake approximately 45 minutes, or until a knife inserted into the center comes out clean.Place cream, butter, 1/2 cup sugar, and water in a saucepan and stir over moderate heat until the butter has melted and sugar is dissolved.Do not allow the mixture to boil. Remove pudding from the oven, pierce several times with a skewer or fork, and pour the hot cream mixture immediately over the pudding.Serve hot or cold.
Carol Elliott Claassen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html
Christabel Garisch
'n wenk of idea vir baie mense malva poeding maak en bedien....Vanaand het ek Malva poeding gemaak, maar besluit ek gaan dit anders maak want daar was bitter baie mense. Ek het die beslag in muffin panne gaar gemaak, en toe baba malva poedings in n groot bak gesit en toe die sousie storie oor gegooi. Die porsies was perfek en was 'n wenner! Gaan dit beslis weer doen!

MALVA PUDDING
Ingredients for malva pudding. (50 people)
1kg flour
1kg sugar
500g butter
20g bicarbanate soda
4 eggs
1litre milk
20ml lemon juice
Method
1) Add butter and sugar together and mix together while adding the eggs.
2)Disolve bicarbanate soda in the lemon juice and add to the mixture.
3)Then add the flour and milk and mix together.
4)Bake in the oven at 150 degress celsius for 1 hour and 30 minutes.
Syrup ingredients.
500ml fresh cream
500g margarine
750g sugar
500ml water
Method.
1)Boil all the ingredients together.
2)pour over malva pudding straight after the pudding has been removed from the oven.
Peggy Devine
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html


OONDPAN MALVA POEDING.
250 ml suiker
50 ml margarine
4 eiers
60 ml appelkooskonfyt
2 ml sout
250 ml melk
750 ml (3 kop) bruismeel
10 ml koeksoda
Klits botter en suiker
Voeg eiers en appelkooskonfyt by
Voeg meel en sout by
Los koeksoda op in melk en voeg by
Meng goed
Bak in oond 180°C vir 30-40 min
Sous
500 ml water
500 ml melk
460 ml margarine
500 ml suiker
10 ml vanielje
Kook alles saam
Gooi oor warm poeding as dit uit die oond gehaal word. Plaas paar min terug in oond totdat sous goed ingetrek het.
Bruismeel vervanging
3 kop koekmeel
4 en ‘n half teel bakpoeier.
Wilna Dorfling
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html



WARM APPEL- MARMELADEKOEK
(50 klein porsies)
500 g botter
3 K (750 ml) suiker
4 ekstra-groot eiers
2 K (250 ml) marmelade
2 E (30 ml) bakpoeier
6 K (1,5 liter) meel
2 t (10 ml) sout
4 K (1 liter) koue flou rooibostee
10 Granny Smith-appels, geskil, klokhuise verwyder en in skyfies gesny
BOLAAG
3 K (750 ml) room
3 K (750 ml) geelsuiker
1 E (15 ml) gerasperde lemoenskil
Room die botter en suiker tot lig, en voeg die eiers een vir een by - eers die wit en dan die geel van elke eier. Room die marmelade by. Sif die droë bestanddele twee of drie maal saam. Voeg die droë bestanddele om die beurt met die rooibostee by die mengsel. Skep die beslag in 'n groot gesmeerde vuurvaste oondbak of -pan. Druk die appelskyfies in 'n mooi patroon bo-op die koek. Vir die bolaag, meng die room, geelsuiker en lemoenskil en giet oor die koek. Bak 35-45 minute lank by 180graC tot mooi goudbruin en gaar. Dis heerlik saam met roomys of vla.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html



GEBAKTE SUURLEMOEN- SPESERYPOEDING
(50-60 porsies)
POEDING
500 g botter
3 K (750 ml) suiker
4 eiers, ekstra-groot
3/4 K (185 ml) appelkooskonfyt
4 t (20 ml) koeksoda
4 K (1 liter) karringmelk
6 K (1,5 liter) meel
4 t (20 ml) fyn gemmer
2 t (10 ml) sout
4 t (20 ml) kaneel
1/2 t (1,5 ml) fyn naeltjies

STROOP
8 K (1 liter) kookwater
4 K (1 liter) suiker
1 E (15 ml) gerasperde suurlemoenskil en
 6 suurlemoenblare
1 stuk pypkaneel
1 stuk heel gemmer
1/4 K (62 ml) suurlemoensap
Room die botter en suiker tot lig. Voeg die eiers een vir een by, eers die wit en dan die geel van elke eier. Roer goed na elke byvoeging. Room die appelkooskonfyt by. Los die koeksoda in 'n bietjie van die karringmelk op. Sif al die droë bestanddele 2 of 3 maal saam. Voeg die karringmelk om die beurt met die droë bestanddele by die geroomde mengsel. Maak die stroop deur die bestanddele saam te kook. Syg deur.
Wenk:
Dit is beter om eers die stroop te maak en dit 'n ruk lank te laat staan sodat die geur uit die speserye en suurlemoenblare kan trek. Gooi die stroop uit in twee groot diep oondbakke (25 cm x 35 cm). Verdeel die beslag tussen die twee bakke. Bak sowat 45 minute lank by 180graC tot mooi bruin en gaar. Sit voor met 'n lekker vlasous.
Wenk:

Maak 'n kwart van die poeding vir 'n kleiner groep mense. Dis heerlik en ekonomies. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-nageregte.html

No comments:

Post a comment