Friday 7 February 2014

GROOTMAAT PANNEKOEK



VERSKILLENDE PANNEKOEK RESEPTE

PANNEKOEK  1
200-220 pannekoeke
2 kg koekmeelblom
60 g bakpoeier [75 ml; 16e]
20 g sout [ 20ml; 4 t]
16 eiers
4 liter water
250 ml asyn [ 1 koppie]
1L olie
50 ml suurlemoensap[ 4 e – hou pannekoek sag]

Meng die droe bestandele in n groot mengbak
Klits die water, eiers en asyn saam, voeg olie geleidelik by in klits proses
Roer die droe bestandele by en meng tot glad
Smeer die pan met olie vir net die eerste paar pannekoeke
Die res van die beslag word sonder olie in die pan gebraai.

Ouma skryf by: vryf jou pan goed vooraf met sout om te keer dat die beslag vas sit; gebruik 2 panne, moenie in n pan bak wat nie stewige boom het nie. Moenie kaneelsuiker gooi as staple nie, word taai.
Uit my Ma se resepte boek, weet nie na watter Ouma sy verwys.
Rene Truter Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-pannekoek.html

PANNEKOEK BY DIE GROOT MAAT  2
(lewer 120 pannekoeke) Ster resep!!!
16 k koekmeel
125 ml wit suiker
80 ml bakpoeier
20 ml sout
12 eiers
4 k (1 liter) kookolie
250 ml asyn
18 k water
kaneelsuiker
Sif meel en meng dit deeglik met suiker. Voeg bakpoeier en sout by die meelmengsel en meng goed. Klits eiers en voeg die olie, asyn en 'n bietjie water daarby. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en roer. Voeg die
water bietjies-bietjies by en klits die mengsel deurentyd tot so dik soos room en sonder klonte is.
Verhit olie in pan, gooi uit (hierna word nie weer olie in pan gegooi nie) en bak die pannekoek. Sit die pannekoek voor met kaneelsuiker of bêre en verhit oor 'n kastrol met kokende water. (Die pannekoek word nie taai nie.)Elzabe Beukes van Zyl
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-pannekoek.html

PANNEKOEK  3
Ek en my oorlede broer het met hierdie resep vorendag gekom vir groot byeenkomste (oorspronklik 'n kerk bazaar in Germiston)    (groot maat)
5kg Flour
3 dos. Eiers
2½ Bot. olie
2 E.L Sout
100 gr. Bakpoeier
1 Kop. Wit asyn
11 L. water

Metode:
1. Klits eiers en olie
2. Voeg water by en meng
3. Voeg meel en sout by en meng vir ± 3 minute
4. Laat oornag staan
5. Meng ‘n bietjie deeg, asyn en bakpoeier saam en voeg by die 20 Lit. en meng.
(20 liter deeg lewer ± 160 pannekoeke)
Geplaas deur: Wessel Steyn
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-pannekoek.html 

Annalize Groenewald SE GROOTMAAT PANNEKOEK
100 Pannekoeke 

2.5 kg koekmeel
16 ekstra groot eiers of 25groot eiers.
4.5 liter water
1 bottel kookolie
16 teelepels bakpoeier
4 teelepels sout
Kwart koppie wit asyn

Metode:
Klits eiers
Voeg meel en water om die beurt by terwyl u klits
Klits olie in
Dan sout
Bakpoeier en asyn laaste.
Laat deeg eers n uur of meer rus voor u begin bak
Maal biki olie in pan warm en gooi uit.
Olie is nie verder nodig daar is genoeg olie in beslag.
Het al n paar duisend pannekoeke met di resep gebak
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-pannekoek.html 


No comments:

Post a Comment