Friday 7 February 2014

GROOTMAAT MAALTYE



WENKE IN GROOTMAAT
VJs Guest House 26 Persone>
Rys kan jy werk op 6-8 persone per rou koppie rys werk = dit sal sou ongeveer 125 gm gaar rys gee.
Groente mengsel kan jy uitwerk op 200- 250 g rou per persoon. Dus sal die persoon 350g - 400 g per bord kry en dis genoeg!!
Jou bacon kan jy uitwerk op 60 g/p persoon! Ek is 'n restuarant eienaar vir 15 jaar. Het ook 'n funksielokaal. VJs - uitenhage

WENKE VIR GROOTMAATRESEPTE
Vla: 1 liter is genoeg vir 10 persone (100ml vlapoeier + 6 e suiker per 1 liter melk)
Helena Kruger
 
Mengelslaai:
1 slaaikop vir 33 persone
1 komkommer vir 24 persone
1 pynappel vir 25 persone
 driekwart kas tamaties vir 100 persone
 Maalvleis: 1 kg vir 10 persone
 Beestong: 12 - 16 tonge per 100 persone
 Rou vleis met been: 250 g per persoon
 Rou vleis sonder been: 125 g per persoon
Vir 100 persone, gebruik die volgende hoeveelhede:
Pynappels in blokkies : 20 pynappels
Pynappels in skywe : 10 pynappels
Brokkoli : 17,5 kg (gaar)
Kool, gekerf : 12,5 kg (gaar)
Wortels : 13 kg gaar
Blomkool : 25 kg gaar
Komkommers : 6,5 kg
Kropslaai : 8,5 kg
Sampioene, gekap : 4,5 kg
Groenertjies : 25,5 kg
Groen rissies, gekap : 4 kg
Aartappels, geskil : 19 kg
Tamaties, ongeskil : 10 kg
Visfilette : 15 kg
Rys rou : 1 k vir 6 - 8 persone
Pannekoek : 1 k meel maak 6 pannekoeke
"Helena Kruger"

Dranke:
Wyn 1 bottel - 6 glase
sjerrie en port 1 bottel - 16 - 20 sopies
whiskey, brandewyn, jenewer 1 bottel - 21 - 22 sopies
likeur 1 bottel - 20 - 24 sopies
bier 1 groot bottel - 4/250 ml glase
koffie swart klein koppies - 6 koppies op 500 ml
koffie wit groot koppies - 3 koppies op 500 ml
melk 20 koppies tee op 500 ml
suiker 500 g vir 25 persone
sop 4 koppies op 500 ml
Vingerete:
Klein worsrolletjies 2 per persoon
klein worsies 2 per persoon
frikkadelle 2 per persoon
vol-au-vents 2 per persoon
kaasstrooitjies 6 per persoon
gevulde eiers 1 eier per persoon
toebroodjies 2 snye per persoon (24 snye uit 1 brood)
oopbroodjies 2 snye per persoon
Buffetete:
500 g gesnyde koue vleis 6 - 8 porsies
(Ham, soutvleis)
souttert (200 - 250 mm) 12 porsies
aartappelslaai 1 - 1,5 kg aartappels = 10 porsies mengselslaai 1 slaaikop, 1 bos seldery, 250 g tamaties, 2 hardgekookte eiers, bossie pietersielie = 6 porsies
koekvlapoeding 6 porsies (1 liter)
room 6 - 8 porsies = 125 ml
Vanessa Fourie Willemse.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


VOORGEREG
HEERLIKE TERIEN
Hierdie maak 'n groot terien! Gebruik jou groot broodpan.
500g streepspek
500g vark maalvleis
300 g bees maalvleis
250 g gerookte spek met bietjie vleis aan (Nie bacon nie)
2 ontvelde ontbeende hoender borsies in repe
500g hoederlewers (250 g gemaal 250 g heel)
2 snye brood gekrummel
1 groot ui gekap
4 E botter gesmelt
3 huisies knoffel fyn
half t gerasperde neut
half t naeltjies
gekapte vars tiemie
4 groot eiers
sout en peper
Pastasio neute
lourier blaar
3 E brandewyn of 3 E port
Voer broodpan uit met streepspek, Meng vark en beesmaalvleis, geur, pak die res in lae, Geur, Maak toe in foelie en bak een en half uur in waterbad. Gooi water af, pars en plaas in yskas. Sny in skywe en bedien met vars brood en heel konfyt.
Meng die maalvleis met die brood, eiers, ui, knoffel, en ander geur middels, geur elke laag, met port of brandewyn, sny die gerookte spek in repe enplaas tussen die lae asook die neute, ek hoop ek het dit duidelik gestel, hierdie is lekker as 'n voorgereg vir 'n groot onthaal.
Martie Fourie Moolman
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html



VLEISGEREGTE
TONG MET MOSTERD- EN-ROSYNTJIESOUS
(50 porsies)
7 beestonge, gaar gekook en in skywe gesny
SOUS
2 K (500 ml) bruin suiker
2 E (30 ml) sterk mosterdpoeier
1/2 K (125 ml) meelblom
1 K (250 ml) wynasyn
2 E (30 ml) gerasperde suurlemoenskil
1 K (250 ml) blatjang
1 t (5 ml) rooipeper
500 g pitlose rosyne
2 t (10 ml) fyn gemmer
6 hoenderekstrakblokkies
6 K (1,5 liter) water
1 K (250 ml) room
Meng die suiker, mosterd en meel. Voeg die asyn geleidelik by om 'n gladde mengsel te vorm. Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt terwyl voortdurend geroer word. Kook 5 minute lank. Proe en pas aan waar nodig. Voeg die room by. Sit warm saam met die tong voor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


BEESTONG IN TAMATIE SAMPIOENSOUS
50 Porsies
6 vars of gepekelde beestonge
6 groot ui, fyngekap
180 ml kookolie
6 x 285g blikkies heel sampioene
750 ml tamatiesous
750 ml asyn
180 ml suiker
60 ml aangemaakte mosterd
60 ml sout
6 ml peper
Metode:
As 'n gepekelde tonge gebruik word, moet dit eers 'n uur lank in koue water uitgevars word. Bedek die tonge met vars koue water en kook dit tot sag in 'n drukkastrol. Laat die tonge in die tong aftreksel afkoel. Trek die vel af en sny die tong in dun skyfies. Plaas die skyfies in lae in 'n oondvaste skottel..Braai die uie in die kookolie tot sag. Voeg die sampioene en hul vloeistof, tamatiesous, asyn, suiker, mosterd, sout en peper by en kook dit sowat 10-12 minute oor matige hitte. Gooi die sous oor die tongskyfies.Bak die tong 30 minute lank by 180ºC. Lewer 50 porsies."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


BOBOTIE
(Ongeveer 50 porsies)
10 uie, geskil en gekap
sonneblomolie
5 kg maer maelvleis
125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
190 ml wit suiker
125 ml wynasyn
625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang
190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout
10 ml peper
3 k sultanas
5 k gerasperde groen appels
3 k gerasperde geelwortels
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 k melk
suurlemoen/lourierblare
12 eiers
Metode:
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut.Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in 'n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van 'n lepel - moenie die vleis vasdruk nie.Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


BEESVLEISBREDIE.
50 porsies x 2 = 100 porsies
5 kg beesvleis blokkies
10 uie, gekap
10 Hoendergeur blokkies
40 Aartappels middelslag
80 Wortels middelslag
800 g gedroogde groen bone [ week oornag]
500ml soppoeier mengsel
2.5 liter kookwater
8 middelslag aartappels = 1 kg
16 middelslag wortels = 1 kg
Week bone oornag
Braai uie tot deurskynend en braai die vleis tot bruin
Los hoendergeur blokkies op in kookwater en voeg by die vleis
Kook vleis sag in 'n drukpot
Skil wortels en aartappels. Vir groot hoeveelhede hou groente heel
Wanneer vleis sag is voeg groente by
En kook tot sag.
Voeg meer water by indien nodig.
Verdik met pasta van die soppoeier mengsel wat met 'n bietjie koue water gemeng is."Rene Wessels"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


BASIESE MAALVLEISMENGSEL 
100 porsies
3kg uie gekap
10 huisies knoffel [opsioneel]
3 kg wortels, gerasper
6 kg tamaties, ryp, ontvel en gesny
6 kg maalvleis
2 l hoenderaftreksel [ 4 blokkies]
20 ml suiker
20 ml sout
10 ml swart peper
10 ml neutmuskaat
250 ml koekmeelblom
Braai die uie, knoffel en wortels in 'n pan tot sag.
Braai die vleis tot bruin, maar nie droog en voeg by die uie mengsel.
Voeg die meelblom by en roer goed.
Voeg die res van die bestandele by, meng goed en laat prut vir 'n uur.
Die mengsel kan gevries word.
Dit kan as basis dien vir bobotie, spaghetti bolognaise, lasagna en herderspastei."Rene Wessels" - kareehof resepte
Rene Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

MAALVLEIS LASAGNE
vir 25 mense
Bestandele:
2,5 kg Gemaalde beesvleis
30 ml Kookolie
4 Uie fyn gekap
3 Knoffelhuisies, gekap
6 Tamaties, geskil en grof gekap
200 ml Tamatiepasta
15 ml Sout
Vars gemaalde swartpeper
30 ml Bruinsuiker
10 ml Droe Basil
600 ml Vleisaftreksel
100 ml Gekapte pietersielie
60 g Parmesaankaas
500 ml Gerasperde Cheddarkaas
Bechamelsous:
2.5 l Melk
220 g Margarien
225 ml Koekmeelblom
5 ml Sout
peper na smaak
Lasagnevelle:
600g Velle
Metode:
Braai maalvleis in verhitte olie totdat dit verkleur. Voeg gekapte uie en kmoffel bu en soteer tot uie deurskynend is. Voeg tamaties, tamatiepasta, geurmiddels, suiker, basil en verhitte aftreksel by.Verminder hitte, plaas deksel op en prut vir 1 uur> Voeg gekapte pietersielie by.
Berei Bechamelsous:
Smelt botter in kastrol en roer meel by. Verwyder van hitte. Voeg melk bietjie vir bietjie by en roer goed om n gladdde mengsel te vorm. Verhit oor lae hitte terwyl voortdurend geroer word. Kook tot verdik>
Skep afwisselende lae vleismengsel, lasagnevelle en witsous in oondvaste bakke. Herhaal lae 2X en eindig met witsous. Sprinkel gerasperde Cheddarkaas en parmesaan oor. laat 30 minute rus en bak dan by 180 grade C tot goudbruin
Charlotte Verwey da Silva
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

KERRIELAMS- FRIKKADELLE
(50 porsies)
UIEKERRIESOUS
30 uie, in die voedselverwerker fyn gekap of gemaal
1 K (250 ml) olie
25 knoffelhuisies, fyngedruk
1/2 K (125 ml) medium- of sterk kerriepoeier
12 kardemonsade, middeldeur gesny
VLEIS
5 lamsblaaie (sowat 1,5 kg elk), ontbeen en fyngemaal
2 K (500 ml) gekapte pietersielie
4 E (60 ml) gegeurde sout
RES VAN SOUS
20 ryp tamaties, geskil en gekap
4 bakkies dwergsampioene, gekerf
5 K (1,25 liter) lam- of hoenderaftreksel
1/2 K (125 ml) suurlemoensap
2 K (500 ml) sultanas
2 K (500 ml) pitlose rosyne gegeurde
sout na smaak
 Maak eers die uiekerriesous omdat die helfte daarvan met die vleis gemeng word. Braai die uie sowat 10-15 minute lank in die olie tot goudkleurig en sag. Meng die knoffel, kerriepoeier en kardemonsade. Braai nog 2-3 minute lank. Laat dan effens afkoel. Meng die helfte van die uiesous, gekapte pietersielie en sout met die maalvleis. Rol die vleismengsel in klein frikkadelle (so groot soos tafeltennisballetjies). Hou eenkant in vuurvaste bakke. Voeg by die oorblywende sous die tamaties, sampioene, aftreksel, suurlemoensap, sultanas en rosyne. Prut 15 minute lank om die geure te vermeng en geur na smaak. Laat effens afkoel en giet die sous oor die frikkadelle. Plaas in koelkas tot benodig. Bak 45 minute tot 1 uur lank by 180graC (350graF) net voor etenstyd. Sprinkel gekapte pietersielie oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


KERRIE EN RYS  1
(100 porsies)
Carol Elliot Classens
24 medium uie, geskil en gekap .
9 knoffelhuisies, geskil en gekap
190 ml sonneblomolie
20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies
3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies
5 k sultanas.
90 ml matige kerriepoeier.
80 ml borrie.
15 ml fyn koljander
Swartpeperkorrels
kruienaeltjies
lourierblare
150 ml asyn
115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml sout
115 ml tamatiepuree
62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous
125 ml blatjang
vleisaftreksel.
30 k water om rys in te kook (sout)
13 k rou rys
Metode:
Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.
Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai 'n minuut lank.
Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot 'n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.
Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is..Junie 2010 .
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

KERRIE EN RYS 2
(100 Porsies)
24 medium uie, gekap
8 knoffelhuisies, fyngekap
250 ml kookolie
12 kg vleis, grof gemaal
200 ml kerriepoeier
90 ml borrie
120 ml sout
250 ml asyn
1,500 vleisaftreksel ( 6 biefblokkies)
4 kg aartappelblokkies
1 kg wortelblokkies
1 kg ertjies
500 ml appelkooskonfyt

1. Braai die uie en knoffel in warm olie.
2. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels, wortels, ertjies en appelkooskonfyt.
3. Bring tot kookpunt en prut tot gaar.
4. Voeg die aartappels, ertjies, wortelblokkies en appelkooskonfyt 30 minute voor bediening by.
Kook 4 kg rys vir 100 persone.
Wenk: Deel die hoeveelhede deur 4 kastrolle. Dit is makliker om dit dan te kook.
Bron: In en om die huis   Geplaas deur: Jacqie van Loggerenberg
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html



HOENDERGEREGTE

HOENDERPASTEI 1
(50 Porsies)
blaardeeg (gekoop) of maak u eie
6-8 kg hoenderborsies (of porsies)
6 groot, gekapte uie
4 teelepels Italiaanse kruie
1 ½ teelepel paprika
3 teelepel sout
3 teelepel gemaalde swart peper (grof)
3 teelepel knoffelvlokkies
6 eetlepels suurlemoensap
6 koppies effe soet wit wyn
8 koppies water
1 koppies sago in 2 koppie lou water
2 kg vierkantige, bevrore wortels
4koppies bevrore ertjies
Metode:
Gooi die hoender, uie, kruie, paprika, sout, peper, knoffelvlokkies, suurlemoensap, wyn en water in 'n pot en kook totdat hoender sag is. Haal af en skep hoenderstukke uit. Haal hoendervleis van bene af en laat koud word. Sny vleis in klein fyn stukkies. Behou die sous (aftreksel). Gooi die geweekte sago in die sous en kook baie stadig (prut op lae hitte). Roer gedurig sodat sago nie aanbrand nie. Kook todat sago deurskynend is. Gooi vierkantige, bevrore wortels in die sago en 2 koppies bevrore ertjies. Laat prut so 15 minute. Roer die sagomengsel by die vleis en gooi 'n halwe koppie blatjang in en roer. Skep in 'n vuurvaste oondskottel. Rol vooraf gemaakte of gekoopte blaardeeg dun uit en plaas oor hoendermengsel. Verf geklopte eiergeel bo-oor en bak totdat lig/goudbruin.
Jy kan sommer 4 oondpanne gebruik ."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

HOENDERPASTEIE 2
(Ongeveer 8 pasteie)
Kors: (Ryk broskors)
8 k koekmeel
4 ml kremetart
10 ml sout
800 g botter/margarien
4 eiergele
400 ml yskoue water
Sif meel, kremetart en sout saam. Vryf botter in tot krummelrig.
Klits eiergeel liggies en meng met yswater. Sny die eiermengsel in die deegkrummels en meng tot hanteerbare deeg. (Let wel: moenie knie nie, druk net liggies vas.)
Draai deeg in botterpapier toe en hou in koelkas tot gebruik gaan word. Bak by 180ºC.

Vulsel:
6 kg hoender
12 kruienaeltjies
15 ml wit peper
10 ml sout
1,5 kg gekapte sampioene (opsion.)
50 ml botter/margarien,(of 25g vir elke kleiner skottel)
Bedek hoender met water, voeg naeltjies by en kook tot sag. Hou sous waarin die hoender gekook is, in die kastrol.
Ontvel, ontbeen en pluis die hoendervleis. Skep die vleis terug in die sous in die kastrol, voeg die peper en sout by en kook vinnig deur tot die vloeistof weggekook het. Die vleis moenie droog wees nie, net sappig. Verhit oond tot 190ºC.
Smeer oondskottel en voer met deeg uit. Verf die onderste kors met eierwit om te keer dat dit kluitjierig bak. Skep die vulsel in die kors en stip met klontjies botter of margarien. Bedek die vulsel met die deeg, druk die rande vas en versier met deegfatsoentjies. Maak 'n gaatjie in die middel van die kors of prik dit op 'n paar plekke sodat die stoom kan ontsnap. Verf die kors met melk of eiergeel en bak die pastei ongeveer 35 minute lank.
Variasie: Vervang die hoender deur skaapvleis/skaapnek.
Berie Smith
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

“DECONSTRUCTED” HOENDERPASTEI 3

250 Porsies   (Koshuiskos)

Vulsel:
40 kg                Hoender borsies, in klein stukkies gesny
                        Sout, Peper, Tiemie, Basil, Roosmaryn
                        Olyfolie
                        Margarien
2 Blikke           Sampioene
8 – 10              Uie, gekap
                        Knoffel
5 x 250 ml        Meel
8 liter               Hoender Aftreksel
500 ml             Balsamiese Asyn
500 ml             Suurlemoensap
5 liter               Melk
2 liter               Meadowland
4 kg                 Baba Wortels
4 kg                 Ertjies

Geur die hoenderstukke met sout en peper en braai liggies in olyfolie.  Haal die hoender uit die pan en smelt margarien daarin.
Braai die sampioene, knoffel, kruie en uie tot net sag.
Meng die meel in totdat dit die vloeistof absorbeer.
Voeg die hoenderaftreksel, wyn, melk en Meadowland by terwyl geroer word.
Sit die hoender terug in die pan saam met die wortels en ertjies.
Laat goed deurkook tot sous lekker verdik is.
Proe en voeg geursel by indien nodig.   
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


PAELLA
(50 porsies)
 Daar kan nie 'n beter en makliker manier wees om te onthaal as met 'n groot, donsige, aromatiese paella nie. Dié resep is ontwikkel om die meeste geur met die minste moeite te verseker.
5 E (75 ml) botter
1/2 K (125 ml) olie
5 hoenders, in porsies gesny
2 E (30 ml) sout
1 t (5 ml) peper
2 E (30 ml) hoenderaftrekselpoeier
10 K (2,5 liter) rou rys
10 preie, in ringe gesny
5 groen en 5 rooi soetrissies, ontpit en gekap
25 ryp tamaties, geskil en gekap,   of   5 x 400-g-blikkies heel tamaties
1/4 K (60 ml) tamatiepasta
2 E (30 ml) suiker
1 t (5 ml) rooipeper knippie saffraan  of  2 E (30 ml) borrie
10 K (2,5 liter) hoenderaftreksel
5 K (1,25 liter) droë wit wyn
1,5 kg seekosmengsel
2 K (500 ml) swart olywe
skootjie olyfolie
12 knoffelhuisies, gekap
2 ½  K (625 ml) gekapte pietersielie
Begin die dag vantevore of die oggend met die voorbereiding. Verhit die botter en olie in 'n groot swaarboomkastrol. Geur die hoenderstukke met sout, peper en hoenderaftrekselpoeier. Braai die hoender in die botter en olie bruin. Plaas die deksel op die kastrol en prut 20 minute lank baie stadig. Verwyder die hoender met 'n gleuflepel en hou eenkant. Voeg die rou rys by die vet in die pot en roerbraai tot goudbruin. Voeg die preie en soetrissies by en roerbraai tot sag. Voeg die tamaties, tamatiepasta, suiker, rooipeper en saffraan of borrie by en roerbraai 'n paar minute lank. Voeg die aftreksel en wyn by, gevolg deur die hoenderstukke.
Prut 15 minute lank stadig. Laat heeltemal afkoel. Ontvries en geur die seekos, maar moet dit nie gaarmaak nie. Skep die koue rysmengsel in groot oondskottels. Rangskik die seekos bo-op en sprinkel die olywe oor. Drup 'n bietjie olyfolie bo-oor. Bedek met foelie, die dowwe kant na buite.
Bak 30-35 minute lank in 'n voorverhitte oond by 180graC (350graF) tot die seekos brosgaar en die res van die bestanddele deurwarm is. Meng baie liggies met 2 vurke om die rys los te maak en die bestanddele te meng. Sprinkel die gemengde knoffel en pietersielie bo-oor en dien op.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


PORTUGUESE PERI-PERI MARINADE – (10 CHICKENS)
500 gr lemons (fresh or juice)
350 ml Cooking oil
6 soup spoon margarine
5 soup spoons peri-peri (hot)
½ cup garlic
30 ml salt
Liquidize all except oil & margarine
Melt margarine & oil - let cool off
Add to liquidized mixture
2 hours before you braai
Butterfly the chickens & baste with this marinade
Enjoy
Carol Elliott Claassen
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

KERRIEHOENDER MET VRUGTE 
(50 – 60 porsies)
7,5 kg hoenderborsies en dye
8 uie, geskil en gekap
10 knoffelhuisies, geskil en gekap sonneblomolie
150 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
10 ml fyn koljander
10 ml fyn kaneel
312,5 ml matige vrugteblatjang sap van 5 suurlemoene
100 ml fyn appelkooskonfyt
37,5 ml sout
7,5 ml peper
5 Granny Smith-appels
20 ryp piesangs
625 ml sultanas
water
Kook die hoender sag, ontvel, ontbeen en kap in blokkies. Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot deurskynend. Meng kerriepoeier, borrie, koljander, kaneel, suurlemoensap, appelkooskonfyt, blatjang, sout en peper. Voeg die mengsel by die hoendervleis, bedek met water, sit die deksel op en prut ongeveer 15 minute lank oor matige hitte. Rasper die appel en druk die piesangs fyn. Voeg dit saam met die sultanas by die vleismengsel in die kastrol en laat prut nog 15 minute lank. Roer gereeld, want dit brand maklik aan na die vrugte bygevoeg is. Sit die gereg voor met geroosterde klapper en gekookte rys"Nicoleen van Schalkwyk"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

HOENDERGEREG
5 oondpanne - 60 persone
10 kg gaar gegeurde hoender
10 blikkies hoenderroomsop
20 kop gaar rys
5 kop mayonnaise
5 pak x 150g gerookte bief chips of spring onion
Metode:
Maak hoender gaar en geur na smaak, koel af en sny in klein blokkies.Rol die chips fyn binne in die pak.Voeg alle bestanddele behalwe helfte van die chips bymekaar. Meng goed.Skep in gesmeerde oondpan.Strooi orige chips oor. Bedek met foelie.Bak by 180C vir ongeveer 40 minute.Gereg kan voorberei en gevries word voordat dit gebak word. Bak wanneer benodig."Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

VLEISROLLETJIES
150 porsies
Vulsel:
5 aartappels
5 uie
2,5 kg maalvleis sout,
peper, tiemie, neutmuskaat
Kors:
8 k meelblom
5 ml kremetart
10 ml sout
980 g botter/margarien
4 eiers, geskei
25 ml suurlemoensap
ongeveer 200 ml yskoue water
Metode:
Kook die aartappels sag, trek die skille af en druk fyn - hou eenkant.
Braai gekapte uie tot dit deurskyn en voeg die maalvleis by. Braai die vleis tot gaar en roer deurentyd. Geur die vleismengsel met sout, peper, tiemie en neutmuskaat na smaak en bind dit met die gaar, fyngedrukte aartappels.
Laat die vulsel afkoel en vorm worsies van ongeveer 30 cm lank. Verhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate.
Kors:
Sif meel, sout en kremetart saam. Rasper die botter by die meelmengsel en vryf dit liggies tot krummelrig. Klits eiergele liggies en meng met yskoue water en suurlemoensap. Voeg eiermengsel by meelmengsel en meng tot 'n hanteerbare deeg. Strooi koekmeel op werkvlak en rol deeg dun daarop uit. Sny deeg in stroke van ongeveer 13 x 30 cm.
Sit vleisworsie in die lengte op elke strook, smeer een kant van deeg met geklitste eierwit en vou die ander kant oor. Druk goed vas en sny worsies van ongeveer 6 cm lank.
Verf eierwit op elke rolletjie en bak dit ongeveer 20 minute lank tot goudbruin. Pak op draadrak om af te koel. "Carol Elliott Claasen".
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES
100 Frikkies
2.5 kg maer beesmaalvleis
5 kookappels, ontkern, geskil en gerasper
5 medium uie, fyngekap
12 ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g Tusser-kaas, in 1 cm blokkies gesny (250 ml)
olie vir braai
Metode:
Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met 'n vurk saam. Verdeel in 20 eweredige dele en vorm in balletjies, druk 'n blokkie kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal te bedek. Bedek en verkoel tot benodig. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit warm of koud voor. (Dit lewer sowat 100 klein frikkadelletjies "Carol Elliott Claasen"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html 


RYS IN GROOT MAAT:
Daar is so baie mense wat dink om rys vir baie mense gaar te kry is 'n nagmerrie dit is toe glad nie!
Hier is 'n wenrespep
2 Kg Rys (6 koppies)
12 koppies water
1 eetlepel sout (of meer nes jy verkies).
Metode:
Spoel rys goed af, gooi in groot oond kasserol met deksel, voeg water en sout by, sit deksel op en sit in oond by 150-180grade vir so 'n uur.  Siedaar nou kan almal vir die kerkbasaar rys gaar maak!
Geplaas deur: Elza Jamneck"
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


Soppoeiermengsel
[souspoeier]
500 gr bruismeel
250 g Bisto
2 pakke bruin uie soppoeier [25 g]
4 pakke tamatie soppoeier [25 g]
1 pak sampioene soppoeier [82 g]
1 pak brono souspoeier [ ek ken nie]
Meng alles saam
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html



HOEVEEL MENSE KAN JY KOS GEE MET 'N SKAAP OP DIE SPIT
Helena Kruger
Ek dink ons werk altyd op so n 20-23kg skaap vir 30mens..
Berie Smith
NATASHA, jy werk 500g per persoon uit sonder bene. Vir die grote skaap wat julle gaan gebruik 20- 23kg kan jy 30 - 40 mense kos gee. Jy het bykosse en nog hoender ook. Hoop dit help vir jou. Dis hoe ek dit altyd uitwerk en daar's oorgenoeg vir almal en 'n bietjie left overs vir die volgende dag. Vir voorgereg, kan jy onder in jou bak waar die vet afdrup, 'n bietjie water gooi. Sit dan klein aartappeltjies en uitjies, skilpadjies en klein kaasworsies daarin om gaar te word. Jy kan ook mushrooms daarin sit. Roer net gereeld dat dit nie aanbrand nie. Geniet julle spitbraai. Alternatief is om 'n groot stuk beesroast, heel hoenders, skaapboud of varkboud te koop en dit te spitbraai. Dit gee jou 'n verskeidenheid van vleise, maar dit mag dalk duurder uitwerk.
Vollie Neels Volschenk
Met 'n spitbraai kan jy werk op 40-45 mense per skaap. Dink altyd aan die hoeveelheid wat 'n normale mens by die Spur eet. 300-400g vleis per persoon. Werk hom daarvolgens uit en onthou die bene.
Patience O'Kennedy N
mens kry baie meer porsies uit as jy di hele skaap laat ontbeen en dan spitbraai.
Helena Kruger ek wil julle iets vertel!!
Party ouens braai hul skaap klaar en laat hom afkoel in koelkamer en saag die hele skaap dan tjops van bo na onder en dan plaas hulle dit onder in die bv.gasbraaier saam met hul aartappels en sampioene en klein uitjies wat dan ook al gaar is of hulle plaas dit in groot swartpotte op kole om dit ekker warm te hou dan kom mens baie ver met bv. 1 skaap maklik 40-45mense op n 25kg skaap..
Ida Bouwer
Helena, ons doen dit ook so. Met al 3 ons kinders se mondigwordings was skaap gebraai en ons het gemiddeld 35-40 mense kos gegee per skaap. Bykosse was slaaie, klein broodrolletjies, rys/macaronie en gebakte groente. Die skaap was nie ontbeen nie, want dit moeilik om dit te spitbraai as dit klaar ontbeen is. Dan moet jy liewer gatlam maak (vleis in 'n groot bak, maak gat in grond, bedek met kole)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html



SPUTNICKS  (YANKEES )
vir 100 worsies,
750gram koekmeel,
7 eiers,
4 ml koeksoda,
15 ml sout,
20 ml aromat,
4 ml braaispeserye,
150 ml kookolie,
1 liter louwarm water.
Klits eiers, olie en water. Meng. Droe bestandele en klits by eiermengsel . Klts tot glad. Maar worsies droog met kombuispapier. Ryg op sosatiestokkie. Sit in deeg en bak dan in warm olie.
Anet Grove
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


VLEISPASTEITJIES
Ons het baie jare grootmaat, dan bedoel ek soos in 100 dosyn op 'n slag, pasteitjies gebak vir fondsinsameling. Ons het hierdie resep gebruik
(Deeg)
12 k Koekmeel
2 t Sout
5 t Bakpoeier
3 Eiers
2 Eetlp Wit Asyn
750g Margarien
Rasper margarien in meel, sout en bakpoeier.
Voeg genoeg water by asyn om 350ml te maak en klits eiers by. Meng met meel. Bak 25 min by 230°C.
Lewer 11 dosyn. Vries rou en bak soos benodig.
Ons het destyds nog die 'panelite' tafels gehad in die kombuis en die hele tafel vol deeg uitgerol.
 Dan het ons stroke deeg in die lengte van die tafel gesny, vulsel ingesit in die hele strook en toegerol. Dan het ons 'n mosterdpoeierblikkie gebruik om die lengte af te merk sodat almal ewe lank is.
Vulsel:
2 kg Maalvleis
2 kg Aartappels
2 eetl Steak & Tjops
2 tlp Sout
½ kg Gemengde groente
Kook vleis gaar en droog en voeg gaar groente en aartappels by. Maak goed fyn.
Ons het sommer deur die vleismeule gemaal, of as ek minder maak het ek die voedselverwerker gebruik. Ons het dan die koekiespuit gebruik om die vleis op die deeg te sit, daarom moes dit redelik fyn wees. As jy 'n teelepel gaan gebruik kan die vulsel maar growwer wees.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html
Geplaas deur: Dalene Brits


RYS MET LENSIES EN SONNEBLOMSAAD
(50 porsies)
3 K (750 ml) sonneblomsaad
1/2 K (125 ml) botter of olie
1 kg gaar rys
1 kg gaar lensies
3 bossies knoffelgrasuie, fyn gekap gegeurde
sout na smaak
Roerbraai die sonneblomsaad in die botter tot goudkleurig. Voeg die rys, lensies en knoffelgrasuie by en roerbraai oor matige tot hoë hitte tot deurwarm en aromaties. Geur met gegeurde sout en sit warm voor. Die rys vries ook goed.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

ONBYTGEREGTE

ROEREIERS WAT LEKKER BLY VIR 15 PERSONE
Helena von Rönge
20 eiers. Geklits.
1 pakkie wit Uiesop poeier
1 koppie melk. 


Meng melk en sop en voeg by eiers meng vinnig goed en bak.
Jy kan peper in sit of gekapte pietersielie oorstrooi as jy wil.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html


ROEREIERS VIR 20 PERSONE
5e (75ml) botter
30 groot eiers
20e (300ml) water
5e (75ml) mielieblom
1k (250ml) room
sout en
vars gemaalde swartpeper

fyn gesnipperde grasuie

Smelt die helfte van die botter in 'n baie groot swaarboompan. Klop die eiers tot net skuimerig. Meng 'n bietjie van die water met die mielieblom om 'n pasta te vorm en klop dit by die eiers voeg die res van die water by. Gooi die helfte van die eiermengsel in die pan met die skuimende warm botter. Draai die stoofplaat op laag. Roer versigtig en stadig met 'n houtlepel tot die eiermengsel amper gestol het, maar steeds effens loperig is. Voeg die helfte van die room by. Geur met sout en swartpeper en skep in die opdienbak. Herhaal die proses met die oorblywende helfte van die eiers wanneer benodig. Sprinkel grasuie oor. Plaas op 'n warmskinkbord 2/12/11 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

EKONOMIESE ROEREIER VIR 100 PERSONE
8 dos Eiers
5 lt Witsous
3 eetl Sout
3 tlp Peper
250g Margarien of botter

Klits die eiers baie goed en meng met witsous. Voeg geurmiddels by.
Op die stoof;
Bak 1/4 van die mengsel op 'n keer en roer gereeld. Hou gaar eiers warm in 'n bak bo-op warm water tot gereed om op te skep.

Probeer ook in die oond. Ek kan ongelukkig nie se hoe lank dit sal bak nie. Bak dit in verskeie oond panne.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/grootmaat-maaltye.html

No comments:

Post a Comment