Thursday 20 February 2014

HASELNEUT FUDGE KOEK / HAZELNUT FUDGE CAKE


Haselneut-Fudgekoek
* Huisgenoot Digitaal*
Dié resep is so maklik omdat alles in die mikrogolf gebeur.
KOEK
60 g botter
125 g donkersjokolade, gekap
30 ml (2 e) Nutella
2 eiers, geklits
30 ml (2 e) suiker
125 ml (½ k) bruismeel
80 ml (¹/³ k) haselneute, gekap
VERSIERSEL
125 ml (½ k) Nutella
ekstra gekapte haselneute vir versiering
Smeer ’n vierkantige mikrogolfbak van 18 x 6 cm.
KOEK
Smelt die botter en sjokolade 1 minuut saam in ’n glasbak in die mikrogolfoond en roer elke 15 sekondes. Klop tot glad.
Voeg die res van die koekbestanddele by en meng goed.
Giet die beslag in die voorbereide bak en maak gelyk. Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 4 minute op hoog. Laat in die bak 10 minute afkoel en keer uit.
VERSIERSEL
Smeer die koek met die sjokoladesmeer en versier met ekstra haselneute.
WENK
Vryf so die haselneutskille af:
Plaas die warm geroosterde neute op ’n vatdoek en vryf die skilletjies af. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/hazelnet-fudge-koek.html

No comments:

Post a Comment