Thursday 20 February 2014

SLAPHAKSKEENTJIES IN DIE MIC.



Mikrogolf Slaphakskeentjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/slaphakskeentjies-in-die-mic.html
1 kg klein uitjies, skoongemaak
knippie sout
SOUS
125 ml (½ k) witasyn
80 ml (¹/³ k) water
80 ml (¹/³ k) suiker
2 ml (½ t) sout
2 groot eiers, geklits
Plaas die uitjies in ’n glasbak en bedek met kookwater. Voeg ’n knippie sout by en mikrogolf 25 minute.
Dreineer en laat staan in ’n vergiettes tot effens afgekoel.
SOUS
Meng die asyn, water, suiker en sout goed saam en mikrogolf 2 minute.
Voeg die eiers by, mikrogolf 20 sekondes en klits goed.
Mikrogolf nog 20 sekondes en klits weer goed. As die mengsel aan die agterkant van ’n lepel kleef of soos dun vla lyk, is dit reg.
Plaas die uitjies in ’n bak en giet die sous oor. Laat afkoel en plaas in die yskas.
Wenke
Die slaphakskeentjies sal sowat ’n week lank goed in die yskas hou.
Slaphakskeentjies is veral lekker saam met enige soort vleis.**
*Huisgenoot Digitaal**Helena*

No comments:

Post a Comment