Friday, 14 February 2014

HOT CHILLI EN MANGO SOUS


HOT CHILLI EN MANGO SOUS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/hot-chilli-en-mango-sous.html
**Eie Resep**

500g Rooi Brandrissies
3 uie gekap
2 Mango’s
3 Rooi Soetrissies
6 Tamaties
2 t Vars Gemmer

250 ml Appelkooskonfyt
2 ½ k Asyn
1 t Mosterdpoeier
2 t Cumin
2 t Paprika
1 t Seldery-saad
1 t Rooi peper
½ t Fyn Koljander
2t Vars gekapte gemmer
3 t Knoffelpoeier
2 ½ k Suiker
¼ k Sweet Chillie sous

5k Water[ 3k+2k]
½ t sout

Plaas groente in jou Voedselverwerker en kap grof fyn.
Kook vir ongeveer 20min stadig in 3k water
Laat afkoel en plaas in jou Liquidizer en pols goed fyn
Voeg al die ander Bestand. By en kook verder
Kook vir 30min stadig tot mooi blink
Bottel en verseel dadelik*Helena Kruger *14/2/14*

  





No comments:

Post a Comment