SLAAI MET PAMPELMOES
JY BENODIG
200g klein gaar garnale
2 pampelmoese, geskil en in segmente gesny
3 avokado’s, fyngedruk
1 rooiui, gesny
100g roomkaas
swartpeper
SOUS
1 teelepel origanum
1 knoffelhuisie, gekap
1 eetlepel mosterd
4 eetlepels rooiwynasyn
METODE
Rangskik segmente pampelmoes mooi op ’n bord. Plaas fyn avokado in ’n bakkie en meng roomkaas daarin. Sprinkel avokado en roomkaas met swartpeper. Plaas hopies van die avo mengsel bo-op die pampelmoes. Strooi rooiui bo-oor. Strooi garnale bo-oor. Meng al die sous bestanddele saam in ’n bakkie. Gooi sous oor die slaai net voor opdiening. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/prawn-en-pampelmoes-slaai.html
Dit lyk net soos 'n pomelo maar is net geuriger.
No comments:
Post a Comment