Sunday, 16 February 2014

TANNIE SARIE SE SOUTTERT


TANNIE SARIE SE SOUTTERT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/tannie-sarie-se-souttert.html

Juan Reynecke 

Souttert – Tannie Sarie Labuschagne

3 Snye Witbrood gekrummel
500ml Melk
125gr Spek – Gesny en gebraai
400gr Viennas – in stukkies gesny
4 Eiers
1ml Droe Mosterd
3ml Sout
Peper
150gr Cheddar kaas gerasper
Paprika
Metode:
Verhit oond tot 180 grade
Week brood in melk en laat staan vir 3 minute. Druk fyn en voeg spek en worsies by.
Klits eiers, mostert, sout en peper saam
Voeg bymekaar en vou 2/3 van die kaas by
Skep in bak en gooi res van die kaas bo oor.
Bak vir 35 minute
EET EN GENIET!!!

Sekerlik die lekkerste souttert ooit!! N tannie na aan my hart se resep.... Nooit n flop en baie moist en smaakvol.
.



KORS
2 Koppies Meel
1 Teelepel Sout
125 g Botter
1 Teelepel Bakpoeier
Rooipeper
2 Teelepel Suiker
Sif droë bestanddele, behalwe suiker saam. Vryf botter in en voeg suiker by. Druk deeg in tertbord vas.
Bestanddele Vulsel:
250ml melk [hier kan jy die Ideal Milk gebruik..
12.5ml botter
15ml maizena,
100ml gerasper kaas,
1 geklits eier
1 gekookte gekapte eier
125g gekapte ham
1 blik weense worsies gekap
gekapte pietersielie
sout, peper
15ml tamatiesous
15ml worcestersous
12.5ml gekap ui
. Metode:
Maak witsous van melk, botter en maizena. Voeg kaas en rou eier by. Haal van stoof. Roer res bestanddele by en gooi in kors. Bak by 180C tot gaar.
 

1 comment: