Monday 31 March 2014

GEBAKTE EIERS IN HASH BROWN KOPPIES



GEBAKTE EIERS IN HASH BROWN KOPPIES
Baked Eggs in Hash Brown Cups
6 tot 8 ferm aartappels
24 eiers
sout en peper
spray and cook

Spuit 'n muffinpan baie goed met kossproei.
Kook die aartappels tot gaar en verwyder die velletjie. Rasper die aartappels, strooi met sout en peper  en skep dan omtrent 3 tot 4 eetlp vol in elke holtetjie. Druk dit goed vas met die vingers. Maak 'n nessie met kante. Spuit goed met kossproei.
Bak nou vir 15 tot 20 minute. Maak seker dit brand nie.
Laat afkoel. 
Breek nou eiers oop in elke holtetjie en strooi sout en peper oor.  Spuit weer met kossproei en bak dan ongeveer 15 min tot gaar.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/gebakte-eiers-in-hash-brown-koppies.html

No comments:

Post a Comment