Monday 31 March 2014

GEMENGDE SAADBROOD



Hierdie resep is lekker gesond en goed vir die spysvertering. Geniet dit!


Gemengde saadbrood:

700g koekmeel
5ml (1t)sout
150g gemengde sade
15g koekie suurdeeg, gekrummel
450ml water
10ml (2t) olyfolie
Verhit oond tot 200grade.

Meng die meel, sout en sade in ‘n mengbak en maak ‘n holte.

Meng die suurdeeg met 50ml water tot goed gemeng en gooi in die holte.

Meng die res van die water en die olyfolie by en meng tot sagte ‘n deeg. Voeg water by indien nodig.

Knie die brood op ‘n oppervlakte wat met meel bestrooi is tot elasties en glad. (Ongeveer 10 min) Sit in ‘n bak, bedek met klam kombuisdoek en laat die deeg teen kamertemperatuur tot twee keer die volume rys, ongeveer 2 uur.

Sodra die deeg na wense gerys het, knie die deeg vir nog 1min op meelbestrooide oppervlakte en deel in twee. Plaas elke deel in ‘n gesmeerde broodpan. Die panne behoort halfpad gevul te wees. Laat staan die deeg weer onder ‘n doek tot amper weer dubbel in volume gerys (ongeveer 1 uur).

Verhit oond tot 200grade

Maak die doek oop en sny met ‘n skerp mes patrone oor die deeg. Smeer elke broodjie met bietjie melk en gooi ekstra sade bo-op.
Bak 35 min of tot goudbruin.
Laat afkoel. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/gemengde-saadbrood.html

No comments:

Post a Comment