Saturday 1 March 2014

GEBRAAIDE MOZZERELLA BROODJIE


GEBRAAIDE MOZZARELLA BROODJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/gebraaide-mozzerella-broodjie.html
 
(4 PORSIES)
250g mozzarella kaas in skywe gesny
8 snye dagoud brood, korsies verwyder
Sout en swartpeper na smaak
2 eiers
2-3eetl melk
8-10 eetlepels broodkrummels (Opsioneel)
500ml olie

Rangskik die kaasskywe op 4 van die snye brood en sorg dat die kaas nie verby die brood rande steek nie.
Geur met sout en peper en bedek dit met die oorblywende snye brood.
Sny die broodjies diagonal deur.
Klits die eiers en melk saam en geur dit met sout en peper.
Giet dit oor die broodjies en laat dit 2min staan.
Draai die broodjies om sodat albie kante die eiermengsel absorbeer.
Maak seker dat die randjies van die brood genoeg eier geabsorbeer het, sodat dit sal hard word wanneer dit met die warm olie in kontak kom en keer dat die kaas uitloop.
Doop die broodjies in die broodkrummels indien verkies.
Verhit die olie tot baie warm en braai 3-4 toebroodjies op ‘n slag tot goudbruin.
>>>Helena<<Ek het sommer maalvleisie saam met die kaas bygesit!!! 

No comments:

Post a Comment