Friday 7 March 2014

GLUTENVRYE SPINASIE EN TAMATIE QUICHE



Spinasie en Tamatie Quiche

Glutenvrye Spinasie en Tamatie Quiche

Kors

125ml Rysmeel
125ml Amandelmeel
250ml gerasperde Kaas
125g Botter

Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot ‘n sagte deeg. Druk dan in die bodem van ‘n Quiche pan. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel

250ml gaar gesnipperde Spinasie
2 geskilde Tamaties, in blokkies gesny
6 gekapte Grasuie
3 Eiers
250ml Room
180ml gerasperde Kaas
1,5ml Neutmuskaat
Sout en Peper na smaak

Sprei die tamatie, spinasie en uie eweredig oor die tertdop. Klits die eiers room, kaas en geurmiddels saam en gooi oor die spinasiemengsel in die tertdop.
Bak 30 minute teen 180 grade Celcius.
Die Quiche kan warm of koud bedien word.


WENK:
Gewone kors kan ook gebruik word met dieselfde vulsel 


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/glutenvrye-spinasie-en-tamatie-quiche.html

No comments:

Post a Comment