Friday 7 March 2014

POLISIEKANTIENTERT



Polisiekantientert

Die resep bestaan uit 2 dele

Karamelsous
100g Botter
1 koppie sagte bruin suiker
125ml Room
teelepel Vanilla essence
Kook tot borrelend en draai temperatuur af en kook stadig vir so 4 minute. Hou eenkant.

Bestanddele vir sjokoladevulsel.
1 Blikkie kondensmelk (gewone een – nie karamel nie)
1 Koppie Karamelsous
2 eetlepels Kakao Poeier
2 eetlepels Mielieblom
3 eiers geskei
1 Koppie kookwater
30ml Botter

Beskuitjies: 

1 Pakkie tennis beskuitjies

250ml room 
2 eetlepels versiersuiker 
bietjie vanilla essence 
 
Metode:
In n swaarboomkastrol, meng kondensmelk melk en karamelsous, bring stadig tot kookpunt. Los kakaopoeier op in kookwater en voeg by. Los mielieblom in biedjie koue melk op tot gladde pasta en voeg by. Voeg dan geklitste eiergele by. Laat rus n bietjie. Gooi die klont botter bo-op en hou die pot skuins dat die botter n lagie vorm. 

Klits eierwitte styf en vou in by sjokolademengsel. Moenie te lank prut en whisk gedurig. Sit n lagie tennis beskuitjies in Pirex bak, skep die helfte van vulsel, bo op, gevolg met nog n lagie beskuitjies en weer vulsel. 
Laat rus in yskas vir 2 ure. Klop 250ml room styf met 2 eetlepels versiersuiker en bietjie vanilla essence en skep bo-oor. 
Sny in blokke en bedien met res van Karamelsous bo-oor.
Resep en foto Pieter Kotzé 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/polisiekantientert.html

No comments:

Post a Comment