Friday 7 March 2014

VRUGTEBAKKIE MET JOGURT


VRUGTEBAKKIE MET JOGURT
Jy benodig
verskeie vrugte (wat ookal in seisoen is), in blokkies gesny
grenadellapulp
Bulgaarse jogurt
vars vrugtesap
1 teelepel gelatien

Só maak jy
Skep die vars vrugte onderin silindriese glasbakkies (jou whiskyglase sal ook werk) en gooi die jogurt saam met die grenadellapulp bo-op.
Maak ’n jellie met die vrugtesap en gelatien en gooi dit bo-oor.
Hou die bakkies in die yskas totdat die jellie gestol het. Die jellielagie seël die bakkie en keer dat die inhoud uitloop as Frikkie aan die koelsak stamp. Dit hou ook suurstof uit; die jogurt sal dus nie gou suur word nie.
WegSleep sê
As jy nou rêrig veilig wil wees, kan jy ’n stukkie kleefplastiek oor die bokant van die bakkies of glase trek., bulgaarse jogurt, aarbeie, papaja, kiewievrugte

# grenadella pulp, vars vrugtesap
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/vrugtebakkie-met-jogurt.html

No comments:

Post a Comment