Saturday 29 March 2014

GRENADELLA EN SJOKOLADE KOEKSTRUIF




Bereiding: 15-20 minute

Staantyd: sowat 1 uur
Genoeg vir 6 mense

1 sponskoek of ’n paar klein rolkoeke
1 blik (380 g) gekookte kondensmelk
12 ryp grenadellas se pulp
1 L (4 k) Griekse jogurt
4 (32 g elk) Flake-sjokoladestafies, gekrummel
Sny die sponskoek of klein rolkoeke in skywe of stukke en pak die helfte daarvan in ’n groot, diep glasbak.
Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die koek, gevolg deur van die grenadellapulp.
Skep die helfte van die jogurt bo-oor en sprinkel van die sjokoladekrummels bo-op die jogurt.
Herhaal met die res van die bestanddele en eindig met sjokolade en grenadellapulp.
Laat staan ’n uur of oornag in die yskas.
Huisgenoot 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/grenadella-en-sjokolade-koekstruif.html

No comments:

Post a Comment