Saturday 29 March 2014

MIKROGOLF SJOKOLADEMOUSSE


MIKROGOLF SJOKOLADEMOUSSE
Genoeg vir 8-10 mense
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: oornag

20 wit malvalekkers, kleiner geknip
200 g baksjokolade, in blokkies gebreek
1 blik (380 g) ingedampte melk, verkoel
ekstra malvalekkers, gesmelt
Plaas die malvalekkers, sjokolade en ’n bietjie van die ingedampte melk in ’n glasbak en mikrogolf tot gesmelt. Roer elke minuut of wat.
Klits die oorblywende ingedampte melk styf en vou by die mengsel in.
Skep die mengsel in klein bakkies of een groot bak en verkoel tot gestol.
Smelt die malvalekkers sowat 40 sekondes per keer in die mikrogolfoond. Roer gereeld en skep dit op elkeen
van die koppies.

WENK
Dis belangrik om smeltende malvalekkers gereeld te roer sodat dit ’n gladde mengsel vorm. Om dit nog gladder te kry, kan jy ook ’n paar lepels water, botter of olie by die malvalekkers voeg terwyl dit smelt.

Mari Olivier van Huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/mikrogolf-sjokolademousse.html

No comments:

Post a Comment