Saturday 29 March 2014

BILTONGSLAAI



BILTONGSLAAI


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: geen

1 pak baba- of kruieslaaiblare
1 pakkie (30 g) vars koljanderblare
8 rooi sprietuie of ½ rooi-ui, gekap (opsioneel)
handvol grasuie (opsioneel)
200 g klam biltong
1 rol chevin-bokmelkkaas, in skywe gesny
4-5 gepreserveerde middelslagvye
125 ml (½ k) rou kasjoeneute en pampoensade, in ’n droë pan gerooster

SLAAISOUS
80 ml (⅓ k) olyfolie
30 ml (2 e) balsemieke reduksie
15 ml (1 e) gewone balsemieke asyn
5 ml (1 t) mosterdpoeier
15-20 ml (3-4 t) strooisuiker
10 ml (2 t) gekapte koljander
5 ml (1 t) gemaalde peper

Meng al die bestanddele vir die slaai in ’n groot slaaibak.

Klits die bestanddele vir die slaaisous saam en giet net genoeg oor die slaai om dit aan te klam.
Verkoel tot en met opdiening.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/biltongslaai.html

No comments:

Post a Comment