Sunday 30 March 2014

KOESKOES GEVULDE PATATS

KOESKOES GEVULDE PATATS
4 patats, gewas
olyfolie

KOESKOES
375 ml (1½ k) koeskoes
60 ml (¼ k) koljanderpesto
15 ml (1 e) olyfolie
2 wiele fetakaas, in blokkies
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper

Verhit die oond tot 180 °C.

Pak die patats op ’n bakplaat; besprinkel met die olie. Oondbraai 30-45 minute.
Sny die bokant van die patats af; hol effens uit.

Koeskoes
 Maak dit gaar volgens die aanwysings.
Meng die res van die bestanddele by; geur met die sout en peper.

Skep die koeskoes in die patats en sit voor saam met Griekse jogurt en koljanderblare. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/03/koeskoes-gevulde-patats.html

No comments:

Post a Comment