APPELPASTEI POEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/appelpastei-poeding.html
1 Blik Tertappels [gemeng met bietjie suiker en n bietjie kaneel]
1 Blik Tertappels [gemeng met bietjie suiker en n bietjie kaneel]
4 E Sagte Botter
6 E Suiker
2Eiers
180ml Koekmeel
1t Bakpoeier
120ml Melk
Knippie sout
Meng botter en suiker tot romerig
Klits eiers by
Sif jou meel, bakpoeier en knippie sout saam
Meng om die beurt dit by die eiermengsel met jou melk
Plaas jou appelmengsel onder in jou gesmeerde oondskottel en
skep so 2 e botter bo-op
Giet jou beslag bo oor en bak
Oond 160*C vir 25-30min tot mooi ligbruin
SOUS:
½ k melk of room
2 e botter
¼ k suiker
Kaneel
Smelt op stoof en as jou pastei klaar gebak het gooi
versigtig met n groot lepel oor so 5min voor bediening
N.S jy kan enige gestoofde vrugte as jou basis gebruik bv.
Perskes en koejawels
Helena Kruger 15/4/14
Hier het ek Vars Pere gebruik en die sousie met Ideal Melk gemaak ipv. gewone melk en dit is baie baie lekker gewees
No comments:
Post a Comment