Sunday 20 April 2014

SPESIALE VERJAARSDAGKOEK







Heerlike Sjokolade KoekCarin Kotze

Kook saam op stoof vir 5min en laat af koel
375 ml water
125 ml Olie
37.5 ml Kakao

Sif 3x saam:
500 ml Koekmeel
15 ml Bakpoeier
1ml knypie sout

Klits saam vir 10 min
5 eiers
350 ml suiker
5 ml Vanillia geursel

Metode
Meng die meelmengsel by die eiermengsel en meng goed deur.
Plaas die afgekoelde kakao mengsel by en meng goed deur
Versprei mengsel gelykop in twee ronde koek panne of in een groot
vierkantige koekpan.
Bak in vooraf verhitte oond by 180C vir 30 min. 


Sjokolade Versiersel
2 eetl botter
1 koppie versiersuiker
5ml vanilla
10 ml melk
10ml Kakao
Klits alles saam tot romerig. Voeg nog melk geleidelik by as dit te styf is
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/spesiale-verjaarsdagkoek.html

No comments:

Post a Comment