Tuesday 29 April 2014

BASAARSKUIM



Basaarskuimpoeding

genoeg vir 8
2 x 80 g-boksies perskegeur jellie
250 ml kookwater
1 x 380 g-blik ingedampte melk, yskoud
perskes in kwarte gensy
heuning vir voorsit

Maak jellie aan met 250 ml kookwater. Laat staan buite yskas om af te koel en mengsel begin stol, maar steeds vloeibaar is. Gooi ingedampte melk in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot stywe punte vorm, sowat 8 – 10 minute. Vou in by jelliemengsel en gooi in patroonpan met volume van 2 liter. Plaas sowat 4 – 6 uur in yskas om te stol. Doop pan in kookwater vir 10 sekondes en keer uit op opdienbord. Sit voor met perskes en heuning.

WENK:
deur SARIE.com-span
Stol dit in ’n patroon-koekpan en sit voor met perskes en heuning. Dié resep op bl. 269 van Kook en geniet was nog nooit so fancy nie! Jy kan enige geur jellie gebruik.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/basaarskuim.html

No comments:

Post a Comment