Wednesday 2 April 2014

KITS SJOKOLADE KOEK ALA MERAAITJIE



Kits Sjokolade koek ala Meraaitjie
Ria N. Pieterse

Jare gelede het ek Mikrogolfklasse gaan loop om diè nuwe tegnologiese toestel te leer ken en die instruktrise het hierdie uitstekende resep met ons gedeel... dis maklik, vinnig en baie lekker, ek kan dit aanbeveel..

Ek gaan dit netnou maak ..terwyl jy jou ketel water laat kook vir koffie of tee, maak jy diè een in 'n kits in jou mikrogolf..

Kits Sjokolade koek ala Meraaitjie

Meng saam in mengbak:

250ml kookwater
5ml vanilla
75 ml kakao

Laat afkoel

Voeg by:                                             



250ml koekmeel
10 ml bakpoeier
250ml fyn suiker
2,5ml sout
2 geklitste eiers

Gooi beslag in 'n gesmeerde Mikrogolfringpan. Plaas bak op omgekeerde piering en bak op 70* of Medium vir 7min. Koel af voor versiering.

Kitsversiering:

Neem een pakkie kitspoeding enige geur, aangemaak met melk en gooi dadelik oor die koek voor dit stol.
#Mikrogolf #Sjokolade koek
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/kits-sjokolade-koek-ala-meraaitjie.html

No comments:

Post a Comment