Thursday 3 April 2014

NAGEREGTE VIR DIABETE

Trio van Nageregte vir Diabete:
JOGURTJELLIE
(4 Groot porsie of 8 - 12 kleiner porsies)
20 ml kookwater
20 ml gelatienpoeier
400 ml vetvrye aarbeijogurt
1 pakkie suikervrye aarbeijellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekinbakkies of jellievorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurtmengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.
Variasie:
Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbeijogurt.
(Hilda Lategan - Sarie)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/nageregte-vir-diabete.html 



LEMMETJIE-EN-KLAPPER KAASKOEKIES
(12 Kolwyntjies grootte kaaskoekies )
Kors:

½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien

Vulsel:

100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klappermelk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel

Verhit oond tot 160 °C. Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjiepanne wat met kolwyntjiehouers uitgevoer is. Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad. Voeg klappermelk, skil en lemmetjiesap by en meng verder. Verdeel mengsel tussen kolwyntjiepanne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol. Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel. Dit het reeds ’n lae GI, en as jy dit
boonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag. Die vetinhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Mariebeskuitjies te vervang, wat dan bloot onderin die kolwyntjiehouers gesit word. Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas
vervang word waarmee die vetinhoud van die gereg met byna 20% verminder word.
(Hilda Lategan - Sarie)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/nageregte-vir-diabete.html 



BESSIE=KAASKOEK NAGEREG 
125 ml laevet-roomkaas
125 ml laevet-ricottakaas
45 ml suiker of suikerplaasvervanger
skil en sap van ½ lemoen
3 koppies bessies (bv. gesnyde aarbeie, bloubessies, frambose) of bevrore bessies
Klapperskaafsels

Meng roomkaas, ricottakaas, suiker, skil en sap deeglik in voedselverwerker. Verdeel die bessies tussen 4 glase. Bedek met kaasmengsel. Laat staan in yskas vir ongeveer 4 uur. Sit voor met klapperskaafsels.
(Hilda Lategan - Sarie)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/nageregte-vir-diabete.html 

No comments:

Post a Comment