Thursday 3 April 2014

SOETSUUR TOFU - VEGETARIES


SOETSUUR TOFU  (Vegetaries):

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

• 30 ml kanola-olie
• 300 g ferm tofu, in blokkies opgesny
• 1 blik pynappelstukke (hou 60 ml van die vloeistof)
• 15 ml appelsider-asyn
• 30 ml tamatiesous
• 20 ml sojasous
• 10 ml bruinsuiker
• 15 ml mielieblom
• 1 groot ui, in stukke gesny
• 1 groot rooi soetrissie, in stukke gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 10 ml gerasperde gemmer
• jasmynrys en vars koljander, om voor te sit

1 Verhit die olie in ’n wok of kastrol. Gooi die tofu by en braai dit vir ’n paar minute tot dit goudbruin is. Skep dit met ’n gaatjieslepel uit en hou dit eenkant.
2 Meng die pynappelsap, asyn, tamatiesous, sojasous, suiker en mielieblom saam.
3 Verhit weer die olie in die wok en soteer die ui en soetrissie vir twee minute. Voeg die knoffel en gemmer by en soteer dit vir nog ’n minuut. Gooi die pynappelsapmengsel in die wok en roer dit liggies tot dit begin verdik. Sit die tofu en pynappelstukke by en roer tot dit heeltemal warm is. Sit voor met jasmynrys en vars koljander.
(Idees)
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/soetsuur-tofu-vegetaries.html

No comments:

Post a Comment