Friday 4 April 2014

LYNETTE SE BULLY BEEF NOEDELS




Lynette Muller

Hallo julle. As jy rerig vasdraai en nie weet wat om te maak nie, en jy is nie naby 'n winkel nie kan jy gerus hierdie prober. Dit is vining en vullend.

750 ml macaroni of skulpnoedels
1 blik (300g) sout vleis - Bully Beef
1 groot ui
15 ml blatjang
10 ml Sweet chilli sauce
125 ml gerasperde cheddarkaas
peper na smaak.


Kook en dreineer noedels en hou warm. Pluis die vleis uit.Skil en sorter die ui in 'n bietjie van die vleis se vet of in baie min olie. roer dit saam met die blatjang, sweet chilli sauce, kaas en noedels. Skep in gesmeerde bak en giet een geklitste eier oor. Bak in matige oond tot eier gestol is. Sit voor saam met slaai en brood.

Dit is regtig lekker en baie gou om te maak.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/lynette-se-bully-beef-noedels.html






No comments:

Post a Comment