Saturday 5 April 2014

MOSSELPOT GENOT




MOSSELPOT GENOT van SAMANTHA
Absoluut FANTASMAGORIES, die resep waarvoor ek baie lank al wag. Ook vir almal wat suiwel intolerant is.
1 kg vars mossels, met skulp aan
2 blikkies klappermelk
500 ml soetrissiesous
2 spruite sitroengras (Lemongrass)
3 knoffelhuisies, fyngemaak
1 teelepel vars gemmer
handvol koljanderblare
Ciabattabrood


Plaas die klappermelk, soetrissiesous, sitroengras, gemmer en knoffel in 'n kastrol.
Brink tot kookpunt en kook vir 10 minute sonder deksel.
Voeg mossels by.
Sit deksel op en prut vir 3 minute.
Verwyder die mossels waarvan die skulpe nie oopgegaan het nie en gooi dit weg.

Voeg die koljanderblare by en bedien met Ciabattabrood.    RSG
WENK:
Ek hou van niks wat taai is nie, dit steek hier in die keel vas hahaha! So; ek het die sous gekook en daarna die mossels bygevoeg en dit vir 20 laar prut met die deksel op.
Daarna het ek die sous verdik met 1 tlp maizena wat in 2tlps water gemeng is. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/mosselpot-genot.html

No comments:

Post a Comment