Tuesday 22 April 2014

ESTOFADO VAN TANT WILLEM




Charlotte Clark 


TANT WILLEM SE ESTOFADO. 
2 kg. stowebeesvleis, 
sonneblomolie, 
3 uie gekap, 
2 knoffelhuisies gekneus, 
250ml.kookwater, 
6 middelslag aartappels geskil en halveer, 
1blikkie (115 g)tamatiepasta, 
75g (125ml) pitlose rosyntjies, 
200ml. hanepootwyn, 
sout en peper na smaak, 
200ml. gaar groen ertjies, 
6 groen/swart olywe opsioneel. 

METODE.
Sny vleis in blokkies en skroei paar blokkies op n keer in swartboomkastrol in bietjies olie. wanneer vleis aangebraai ishou dit eenkant. Soteer die uie en knoffel in dieselfde kastrol in bietjie olie. skep die vleis op die uie, voeg die kookwater by sit die deksel op en stowe dit gewoonweg oor matige hitte tot sag. voeg aartappels , tamatiepasta,rosyntjies,wyn,sout en peper by en roer dit om sodat die meeste aartappels onder in die kastrol le. Sit die deksel op en stowe die bredie verder totdat die aartappels gaar is. Voeg die ertjies en olywe by, roer dit liggies om en proe of daar sout en peper of wyn kortkom. Geur, indien nodig, en sit vuurwarm voor. lewer 6 tot 8 porsies. hoop dit is die regte een, geniet. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/tant-willem-se-estofado.html

No comments:

Post a Comment