Thursday 8 May 2014

AARBEI YSKASKOEK





AARBEI YSKASKOEK
1kg vars aarbeie, gewas
3 ¼ koppies room, Hou ¼ koppie eenkant
1/3 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla
1 pakkie cream crakers of marie beskuitjies
60g donker sjokolade, fyn gekap

Neem n paar aarbeie en sny slegs in die helfte (omtrent so 5)
Die ander aarbeie, sny dit in dun skyfies
Klits 3 koppies room tot styf. Voeg gelydelik die versiersuiker en vanilje by
Smeer bietjie van die room in ‘n tertbak. Le ‘n paar cream crackers op die bodum van die bak. Smeer nou ‘n gedeelte van die roommengsel op, en pak enkellaag aarbeie op.
Herhaal nou die tot jy 4 lae gepak het. Eindig af met die room en aarbeie
Bring die ¼ koppie room tot kookpunt. Verwyder van hitte. Gooi die sjokolade in en meng tot gesmelt
Laat staan vir ‘n rukkie om af te koel en klits tot die mengsel mooi deurgemeng is en blink
Met ‘n lepel, drissel die sjokolade oor die koek.
Plaas in die yskas vir ten minste vier ure, of totdat die beskuitjies heeltemal sag is en die room gestol het. Versier met ekstra aarbeie
Wenk: 
Jy kan gekapte neute ook bysit in die beslag of gekapte kersies. Jy kan selfs fyn pynappel - gedreineer in die room inmeng.
Deur: thekitchn Koskaperjolle
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/aarbei-yskaskoek.html

No comments:

Post a Comment