Thursday 8 May 2014

SKORSIE MET SPINASIE EN ERTJIES







SKORSIES MET SPINASIE EN ERTJIES

Kyk die oulike manier om jou volgende skorsie te bedien.

Ek het dit die naweek by 'n seekos restaurant gekry as my groente bygereg.

Neem jou skorsie, sorg dat dit sag genoeg is om te sny. Party is so hard mens moet dit met 'n hammer oopkap. Sny nou soos jy 'n tamatie in blommetjie sou sny. Doen dit deur jou mes in die middel in te druk en dan kepe in te sny - haal die 2 helftes uitmekaar. Jy kan die kepe ook seker maar met 'n sker insny as die skorsie gaar is. Verwyder die pitte en kook soos gewoonweg in water en sout tot gaar. Jy kan ook sommer net die skorsie gewoonweg in die helfte sny as jy nie die kepe wil he nie.

Maak ertjies gaar en braai eenkant dan ook bietjie spinasie tot sag
As die skorsie sag is, skep 'n gedeelte van die skorsiemoes uit, meng die skorsiemoes, ertjies en spinasie en bietjie botter en skep terug in die skorsie. Bedien warm
Dit is heerlik !!!

Kreatiewe kosidees
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/skorsie-met-spinasie-en-ertjies.html

No comments:

Post a Comment