Thursday, 8 May 2014

GEBAKTE MAYONNAISE EN CHUTNEY HOENDER


GEBAKTE MAYONNAISE & CHUTNEY HOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gebakte-mayonnaise-en-chutney-hoender.html

Bestanddele:

1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout

Metode
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in 'n oondbak en geur liggies met sout. Meng die uiesop-poeier met die warm water. Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

WENKE
Bedien saam met "baked potato" ertjies en mielies.
Deur: Radio Namakwaland


Cecilia Wood

MAYONNAISE HOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gebakte-mayonnaise-en-chutney-hoender.html

Ekt ñ ander resep wat ek gebruik vir die sous verseker ñ wenner
1kop water
1 pakkie bruin uiesop
1kop mayonaise
1 kop chutney
Meng alles en gooi oor hoenderstukke
Bak vi uur en ñ half bedek en dan haal jy die deksel of foil af en bak vi verdere half uur.

 

RIELDANS HOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/gebakte-mayonnaise-en-chutney-hoender.html
Bestanddele
8 hoenderstukke, oortollige vet afgesny
1 ui, baie fyn gekap
3 knoffeltoontjies, baie fyn gekap
½ groen soetrissie, baie fyn gekap
½ koppie tamatiesous
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
2 eetlepels heuning

Metode
Plaas die ui, knoffel en soetrissie onder die vel van die hoender.
Meng die res van die bestanddele en smeer dit in die hoender in.
Bedek met foelie.
Bak teen 180 grade vir 1 uur.
Bron: RSG Magdalene se rielhoendertjie
Lekker Resepte vir die Jongergeslag**08/12/2016