Tuesday, 27 May 2014

BRANDEWYNPOEDING

Helena Kruger
Kaapse Brandewynpoeding

Deur ARINA DU PLESSIS
Beslag

250 g dadels, ontpit en fyn gekap
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) kookwater
125 g botter
250 ml (1 k) ligbruinsuiker
2 eiers, geklits
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2 ml (½t) sout
250 ml (1 k) pekanneute, gekap

Sous
15 ml (1 E) botter
310 ml (1¼k) ligbruinsuiker
180 ml (3/4 k) water
125 ml (½k) brandewyn
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n tertbak met botter. Sit dadels in ’n bak en sprinkel koeksoda oor. Giet kookwater oor, roer deur en laat staan eenkant. Verroom botter en suiker goed en klits eiers by. Voeg dadelmengsel by en klits deur. Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor en voeg neute by. Roer tot goed gemeng en skep in voorbereide tertbak. Bak sowat 40 minute, tot gaar.

Terwyl die poeding bak, maak die sous: Verhit botter, suiker, water en helfte van brandewyn saam tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 5 minute, verwyder van hitte en voeg die res van die brandewyn en die vanieljegeursel by. Giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met vla, geklopte room of roomys.*Landbouweekblad*27/5/15 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/brandewynpoeding.html