Saturday 31 May 2014

BRANDRISSIE CALAMARI

BRANDRISSIE CALAMARI
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 12 minute

KOMKOMMERSOUS
1 groot komkommer, gerasper
250 ml (1 k) laevet- of vetvrye natuurlike jogurt
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
hand vol vars basiliekruid, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
CALAMARI
30 ml (2 e) rooikerrie-pasta
15 ml (1 e) vrugteblatjang
15 ml (1 e) soet brandrissiesous
1 blik (410 g) tamatiepuree
4 middelslag-calamaristeaks, skoongemaak en in repies gesny

KOMKOMMERSOUS
 Druk die gerasperde komkommer tussen jou hande om van soveel vog moontlik ontslae te raak. Meng dit nou met die res van die bestanddele. Bedek en verkoel.
CALAMARI
Verhit ’n droë pan en skep die kerriepasta daarin. Braai ’n paar sekondes.
 Voeg die blatjang, soet brandrissiesous en tamatiepuree by. Braai tot die sous begin kook.
 Voeg die calamari-repies by. Braai ’n paar minute tot die calamari gaar is.
Sit voor in ’n heelgraan-tortilla of op ’n porsie heelgraanpasta of
bruinrys en skep ’n groot lepel komkommersous bo-op.31/5/14*Huisgenoot**http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/brandrissie-calamari.html

No comments:

Post a Comment